{"id":110966,"date":"2021-06-04T11:15:12","date_gmt":"2021-06-04T11:15:12","guid":{"rendered":"https:\/\/akknyl.co.za\/?p=110966"},"modified":"2022-10-24T12:06:10","modified_gmt":"2022-10-24T12:06:10","slug":"the-invisible-impact-of-covid-19-on-children-in-child-and-youth-care-centers","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/akknyl.co.za\/af\/2021\/06\/04\/the-invisible-impact-of-covid-19-on-children-in-child-and-youth-care-centers\/","title":{"rendered":"Die onsigbare impak van Covid-19 op kinders in kinder- en jeugsorgsentrums"},"content":{"rendered":"<p>Blootstelling aan geweld en verwaarlosing, sowel as die vertraagde ontwikkeling van die kwesbaarste kinders is \u0149 paar van die onsigbare gevolge van die Covid-19-pandemie. Dit en meer, is in \u0149 verslag bevind wat deur die Abraham Kriel Kinderhuis Nylstroom (AKK Nylstroom) gepubliseer is, The hidden impact of Covid-19 on children at Child and Youth Care Centers.<\/p>\n<p>Volgens die maatskaplikewerkbestuurder van AKK Nylstroom, me. Elize Sauer, het die kinderhuis eerstehandse ervaring oor die impak van die Covid-19-inperking op kinders wat in gevaarlike en ongesonde omgewings woon.<\/p>\n<p>As gevolg van baie beperkings is maatskaplike werkers verhinder om betyds in te gryp in situasies waar kinders weerloos gelaat is. \u201cDie verwydering van kinders uit gevaarlike situasies en die verkryging van hofbevele om kinders in veilige sorg te hou, is ook belemmer deur die inperking,\u201d het Sauer ges\u00ea.<\/p>\n<p>Bo en behalwe die materi\u00eble impak op kinders wat nie uit gevaarlike situasies verwyder kon word nie, was daar ook \u0149 sielkindige impak. Selfs kinders wat in hierdie tydperk in die AKK Nylstroom opgeneem is, het die sielkundige trauma van isolasie ondervind.<\/p>\n<p>Op sielkundige vlak moes kinders noodgedwonge \u0149 situasie hanteer wat as \u0149 \u201ceiland van isolasie\u201d beskryf kan word. Geen gesin is op die perseel toegelaat nie en kinders kon nie die perseel verlaat nie. Die meeste kinders kon eers hul gesinne in Desember 2020 sien \u2013 \u2018n volle jaar na hul vorige fisieke kontak met hulle gesinne. Sauer is van mening dat kinders sosiale interaksie met hul vriende op skool misgeloop het en die gevolge van hul isolasie kon in onbeheersde gedrag gesien word.<\/p>\n<p>Die terugkeer skool toe het ook \u0149 hele paar nuwe regulasies en voorwaardes beteken waaraan kinders moes voldoen. In die ergste gevalle het dit daartoe gelei dat kinders akademies teruggehou is. \u201cHierdie waarnemings bevestig studies wat aantoon dat die isolasie, verlies aan keuse en outonomie en angs wat deur die pandemie veroorsaak word, langtermyn-implikasies vir kinders sal h\u00ea,\u201d het Sauer bygevoeg.<\/p>\n<p>In die verslag het AKK Nylstroom die rol van die gemeenskap as die prim\u00eare ondersteuningsbasis vir kinder- en jeugsorgsentrums beklemtoon. Elke kind moet interaksie met die gemeenskap h\u00ea om te groei en te floreer. \u201cBy Abraham Kriel Kinderhuis Nylstroom streef ons daarna om die impak van Covid-19 op ons kinders te beperk. Ons waardeer ook die voortgesette ondersteuning van die gemeenskap tydens die pandemie,\u201d het Sauer afgesluit.<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Blootstelling aan geweld en verwaarlosing, sowel as die vertraagde ontwikkeling van die kwesbaarste kinders is \u0149 paar van die onsigbare gevolge van die Covid-19-pandemie. Dit en meer, is in \u0149 verslag bevind wat deur die Abraham Kriel Kinderhuis Nylstroom (AKK Nylstroom) gepubliseer is, The hidden impact of Covid-19 on children at Child and Youth Care Centers.<\/p>","protected":false},"author":1,"featured_media":111542,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[71],"tags":[76,242],"class_list":["post-110966","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-in-the-news","tag-recent-news","tag-featured"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/akknyl.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/110966","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/akknyl.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/akknyl.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/akknyl.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/akknyl.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=110966"}],"version-history":[{"count":4,"href":"https:\/\/akknyl.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/110966\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":111919,"href":"https:\/\/akknyl.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/110966\/revisions\/111919"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/akknyl.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/111542"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/akknyl.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=110966"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/akknyl.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=110966"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/akknyl.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=110966"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}