{"id":114000,"date":"2022-12-26T05:09:16","date_gmt":"2022-12-26T05:09:16","guid":{"rendered":"https:\/\/akknyl.co.za\/?p=114000"},"modified":"2023-07-17T05:28:40","modified_gmt":"2023-07-17T05:28:40","slug":"we-went-to-the-seaside","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/akknyl.co.za\/af\/2022\/12\/26\/we-went-to-the-seaside\/","title":{"rendered":"Ons het see toe gegaan!"},"content":{"rendered":"<p class=\"p1\">Na maande van beplanning het ons vakansie aangebreek en pak ons die reis dou voor dag om 04:15 op 26 Desember 2022 aan. Groot opewondenheid het geheers! Danksy ons hoofborg, Irvin Tam, van Amy Bell Charities South Africa, PHASA (die Suid-Afrikaanse vereniging vir professionele jagters) en heelwat donateurs kon ons vir 10 dae by Summerstrand in Gqeberha gaan uitspan en \u0149 onvergeetlike vakansie geniet. Irvin Tam is \u0149 besondere mens. Sy deernis vir ons was sigbaar en hy het \u0149 ongelooflike impak op elkeen gehad. Die Amy Angels, deel van Irvin se organisasie, het gehelp met toesig, kosvoorbereing en speletjies vir die kinders.<\/p>\n<p class=\"p1\">Oppad het ons by die President Kruger Kinderhuis in Reddersburg oorgeslaap. Omstreeks 17:00 het ons in Gqeberha aangekom. Groot opwinding het in die bus geheers omdat \u0149 roomys beloof is aan die een wat die see eerste sien. Tot almal se vermaak is elke moontlike beduidenis van \u201csee\u201d met groot entoesiasme<span class=\"Apple-converted-space\">\u00a0 <\/span>aangekondig! Die vreugde was aansteeklik, verbeeldings het op hol gegaan, en elke kreatiewe voorstel het die bus met \u2018n gelag gevul.<\/p>\n<p class=\"p1\">Die verrassing was groot toe die see en al die groot skepe uiteindelik in sig gekom het. Oom Swannie en Tannie Annie Swanepoel het die grootoog kleintjies alles van die see, groot skepe, visvang en swem vertel. Helaas moes ons tot die volgende oggend wag om die verwondering op die gesiggies te waardeer, want almal was pootuit en het gou-gou nag ges\u00ea en reguit bed toe gegaan.<\/p>\n<p class=\"p1\">Die volgende oggend het stilte geheers: die afwagting was net te groot om die see vir die eerste keer ooit te sien...<\/p>\n<p class=\"p1\">Ek is baie trots op die personeel en kinders van Abraham Kriel Kinderhuis Nylstroom. Oral waar ons gegaan het, het ons net positiewe terugvoer oor ons kinders gekry.<\/p>\n<p class=\"p1\">Mense wat ons op Facebook volg, het ons met lekkernye bederf en klere is vir ons gebring. \u0149 Groot dankie gaan aan Leyanca en Linda vir hul bydraes, en aan Gary Potgieter van die City Montessori-skool wat ons kinders met roomys bederf het.<\/p>\n<p class=\"p1\">Alle goeie dinge kom tot \u0149 einde en ons het met \u0149 stywe druk en \u0149 vol gemoed gegroet. Irvin het elkeen omhels, ons \u0149 veilige rit toegewens en ons boonop uitgenooi om vanjaar weer in Desember te kom kuier. Sy afskeidswoorde het almal diep geraak: \"It was a truly humbling experience, thank you so much!\"<\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>After months of planning, our vacation has finally arrived, and we set off on our journey before dawn at 04:15 on 26 December 2022. Excitement was in the air! Thanks to our main sponsor, Irvin Tam, from Amy Bell Charities South Africa, PHASA (the Professional Hunters&#8217; Association of South Africa), and numerous donors, we were able to enjoy an unforgettable 10-day retreat in Summerstrand, Gqeberha.<\/p>","protected":false},"author":1,"featured_media":113976,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[71,73],"tags":[76,78,242],"class_list":["post-114000","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-in-the-news","category-newsletters","tag-recent-news","tag-newsletters","tag-featured"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/akknyl.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/114000","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/akknyl.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/akknyl.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/akknyl.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/akknyl.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=114000"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/akknyl.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/114000\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":114010,"href":"https:\/\/akknyl.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/114000\/revisions\/114010"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/akknyl.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/113976"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/akknyl.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=114000"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/akknyl.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=114000"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/akknyl.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=114000"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}