{"id":115187,"date":"2026-01-23T08:42:28","date_gmt":"2026-01-23T08:42:28","guid":{"rendered":"https:\/\/akknyl.co.za\/?p=115187"},"modified":"2026-01-23T09:06:47","modified_gmt":"2026-01-23T09:06:47","slug":"abraham-kriel-children-unwind-at-the-seaside-2","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/akknyl.co.za\/af\/2026\/01\/23\/abraham-kriel-children-unwind-at-the-seaside-2\/","title":{"rendered":"Abraham Kriel-kinders ontspan by die see"},"content":{"rendered":"<div class=\"wpb-content-wrapper\"><div data-parent=\"true\" class=\"vc_row row-container\" id=\"row-unique-0\"><div class=\"row limit-width row-parent\"><div class=\"wpb_row row-inner\"><div class=\"wpb_column pos-top pos-center align_left column_parent col-lg-12 single-internal-gutter\"><div class=\"uncol style-light\"  ><div class=\"uncoltable\"><div class=\"uncell no-block-padding\" ><div class=\"uncont\" ><div class=\"uncode_text_column\" ><\/p>\n<p>\u0149 Groep van ongeveer 70 personeellede en kinders van die Abraham Kriel Kinderhuis Nylstroom het dou voor dag op 27 November vertrek vir \u0149 langbeplande vakansie na Gqeberha (voorheen Port Elizabeth). Groepe is in busse ingedeel, kussings en kombersies is reggesit en \u0149 laaste veiligheidskontrole is gedoen om te verseker dat die sleepwaentjies stewig gehaak is, die ligte werk en voertuie behoorlik gesluit is. Met Kersliggies wat hier en daar langs die pad geflikker het, het die konvooi in die donker in vertrek.<\/p>\n<p>Soos die kilometers verbygevlieg het, het die busse stil geraak. N\u00e1 \u0149 kort koffie- en badkamerstop is daar by \u0149 volgende stilhouplek vetkoek met maalvleis en koeldrank uitgedeel Dit was \u0149 eenvoudige, maar welkome maaltyd vir honger reisigers. Terug op die bus, met lekkergoedpakkies byderhand, het die gees weer ligter geraak: lekker gesels, saamsing en stories vertel. Vir baie was die wagtyd om die see vir die eerste keer te sien eenvoudig net te lank.<\/p>\n<p>Die eerste oorslaapplek was by die Merino Inn (Chargo) in Colesberg, waar Charles van den Hever en sy personeel ons groep vriendelik ontvang het. Hulle gasvryheid was besonders! Later die volgende middag is ons bestemming bereik, en met die eerste uitsig op die see was daar \u0149 gevoel van dankbaarheid dat ons groep veilig aangekom het.<\/p>\n<p>Die program in Gqeberha het vinnig momentum gekry. Die kinders het basiese noodhulpopleiding ontvang en ook die geleentheid gekry om KPR op oefenpoppe toe te pas. Hugo en Tiaan se aanbiedings is ernstig opgeneem; veral die prosedures wat by babas toegepas word, het groot belangstelling gewek.<\/p>\n<p>Stranddae was nie net vir ontspanning nie, maar ook vir opleiding. Gazebo\u2019s is diep in die sand vasgeanker om \u0149 skuilplek teen die wind te vorm. Hier het Gordon Potgieter, \u0149 lewensredder, die groep touwys gemaak oor seeveiligheid, hoe om verdrinking te voorkom en wat om tydens noodgevalle te doen. Noodnommers en kernriglyne is gegee en die kinders het aandagtig geluister.<\/p>\n<p>Toe die wind later te koud raak, het die bus koers gekies na die vuurtorings waar almal na foto\u2019s en ander besienswaardighede gekyk het. By SANCCOB het die groep meer geleer oor die bedreigings vir pikkewyne se voortbestaan en die rehabilitasie van beseerde vo\u00ebls. Daarna is \u0149 museum vir milit\u00eare vliegtuie besoek, waar Henry Soni en Mike Bayes (vrywilligers en vriende van die SAAFM) boeiende agtergrond oor die vliegtuie gedeel het.<\/p>\n<p>Daar was natuurlik ook tyd vir pret en ontspanning: \u0149 fliekuitstappie en besoeke aan Splash Waterworld, Gravity World en Crossways Farm Village, waar die kinders tussen stalletjies gekuier en die besonderse atmosfeer van elke plek geniet het.<\/p>\n<p>Toe die busse se enjins op die dag van ons vertrek begin luier, was die afskeid onvermydelik en swaar: \u0149 paar trane, drukkies en beloftes van \u201csien julle weer\u201d voordat die busse huiswaarts vertrek het.<\/p>\n<p>Ons opregte dank gaan aan elke donateur en ondersteuner wat \u0149 aandeel gehad het in hierdie onvergeetlike 10 dae by die see.<\/p>\n<p>\u0149 Spesiale woord van dank gaan aan Irvin Tam en sy span vir hul volgehoue ondersteuning en betrokkenheid, asook aan ons ander borge, veral Amy Bell Charities en PHASA. Ons spreek ons opregte waardering uit teenoor elke persoon wat op enige manier bygedra het, hetsy deur donasies, verversings, etes, lekkernye of praktiese omgee.<\/p>\n<p>Dit was \u0149 vakansie wat elkeen sal onthou!<\/p>\n<p>\n<\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><\/div><script id=\"script-row-unique-0\" data-row=\"script-row-unique-0\" type=\"text\/javascript\" class=\"vc_controls\">UNCODE.initRow(document.getElementById(\"row-unique-0\"));<\/script><\/div><\/div><\/div>\n<\/div>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u0149 Groep van ongeveer 70 personeellede en kinders van die Abraham Kriel Kinderhuis Nylstroom het dou voor dag op 27 November vertrek vir \u0149 langbeplande vakansie na Gqeberha (voorheen Port Elizabeth). Groepe is in busse ingedeel, kussings en kombersies is reggesit en \u0149 laaste veiligheidskontrole is gedoen om te verseker dat die sleepwaentjies stewig gehaak is, die ligte werk en voertuie behoorlik gesluit is. Met Kersliggies wat hier en daar langs die pad geflikker het, het die konvooi in die donker in vertrek.<\/p>","protected":false},"author":1,"featured_media":115189,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_thinkrank_schema_form_data":"","_thinkrank_selected_schema_type":"","_thinkrank_additional_schemas":"","_thinkrank_canonical_url":"","_thinkrank_og_title":"","_thinkrank_og_description":"","_thinkrank_og_image":"","_thinkrank_twitter_title":"","_thinkrank_twitter_description":"","_thinkrank_twitter_image":"","_thinkrank_imported_from":"","_thinkrank_focus_keywords":[],"_thinkrank_focus_keyword":"","_thinkrank_robots_meta_enabled":0,"_thinkrank_robots_meta":"","_thinkrank_advanced_robots_meta":"","_thinkrank_exclude_from_search":0,"_thinkrank_exclude_from_archives":0,"_thinkrank_primary_category":0,"footnotes":""},"categories":[71,73],"tags":[76,78,242],"class_list":["post-115187","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-in-the-news","category-newsletters","tag-recent-news","tag-newsletters","tag-featured"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/akknyl.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/115187","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/akknyl.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/akknyl.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/akknyl.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/akknyl.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=115187"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/akknyl.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/115187\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":115208,"href":"https:\/\/akknyl.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/115187\/revisions\/115208"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/akknyl.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media\/115189"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/akknyl.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=115187"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/akknyl.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=115187"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/akknyl.co.za\/af\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=115187"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}