Elize Sauer – 36 jaar in diens van haar medemens


“Ek sê doelbewus dat ek maatskaplike werk lééf, want vir my is dit veel meer as net ʼn beroep,” vertel Elize Sauer, wat reeds 36 jaar as maatskaplike werker praktiseer. Die afgelope tien jaar is sy deel van die span by Abraham Kriel Kinderhuis Nylstroom.

Haar loopbaan het op ʼn onverwagse manier begin. Elize was oorspronklik van plan om argeologie aan die Universiteit van Pretoria te studeer, maar ʼn opedag by die Departement Maatskaplike Werk het haar van plan laat verander.

“Ek het besef my pad lê nie tussen klippe nie, maar tussen mense,” vertel sy.

Oor die jare het Elize ondervinding in verskeie vertakkings van maatskaplike werk opgedoen, waaronder bejaardesorg en werk met ongehude moeders, waarmee sy tien jaar lank gemoeid was.

“Ek het besef my pad lê nie tussen klippe nie, maar tussen mense,” vertel sy.

Oor die jare het Elize ondervinding in verskeie vertakkings van maatskaplike werk opgedoen, waaronder bejaardesorg en werk met ongehude moeders, waarmee sy tien jaar lank gemoeid was.

Ná haar gesin se verhuising na Modimolle het sy aanvanklik beplan om meer tyd tuis deur te bring. In Januarie 2016 het sy egter by Abraham Kriel Kinderhuis aangesluit, waar sy sedertdien talle kinders en gesinne deur moeilike omstandighede begelei het.

Vir Elize bly die suksesvolle hereniging van ʼn kind met sy of haar familie bly vir haar een van die hoogtepunte van haar werk. Tog is dit dikwels die kleiner oomblikke wat haar die meeste bybly. “Soms kom ’n kind gebroke, moedeloos en sonder hoop by my kantoor in, maar stap later weer met ’n glimlag daar uit.”

Elize is ook dankbaar dat haar man, Willem, en hul kinders, Marike en Wiehann, haar deur die jare ondersteun het.

Wanneer sy terugkyk op haar loopbaan, is sy dankbaar vir die onverwagse wending wat haar lewe geneem het. “Ek is dankbaar dat die Here ʼn klip in my pad gerol het, nie om my te laat struikel nie, maar om my van rigting te laat verander.”

Vandag werk Elize nie met klippe nie, maar met mense. En ná 36 jaar put sy steeds groot bevrediging uit die geleentheid om kinders te help om weer met hoop na die toekoms te kyk.

Ondersteun Ons