Donateurs


Ons opregte dank gaan aan al ons donateurs vir hulle volgehoue ondersteuning!

Abraham Kriel Kinderhuis Nylstroom se eerste en primêre prioriteit is om in die kinders se fisieke behoeftes te voorsien. Die eenheidskoste per kind beloop R12 600 per maand. Dit word bereken op grond van die totale uitgawe van die kinderhuis gedeel deur die aantal kinders. Hierby ingereken is onder andere kos, klere, toiletware, water- en elektrisiteitsverbruik, mediese en terapeutiese sorg, vervoer, instandhouding van en skoonmaakmateriaal vir die geboue en terrein, en salarisse van personeel.

Baie dankie vir die verskil wat elke donateur maak: sonder julle sal dit onmoontlik wees om ons deure oop te hou!