Jou ou klere, hulle nuwe vere


Jy kan help om ons kinders warm te hou deur ou klere en komberse te skenk aan ons kinderhuis.

#Jou ou klere, hulle nuwe vere

Vul die onderstaande vorm in om klere en komberse vir ʼn Abraham Kriel-kind te borg.






    Jy kan hierdie winter ons kinders warm hou deur ou klere en komberse aan ons kinderhuis te skenk.

    Ons verwelkom enige klereskenkings. Dit wat nie in ons klerestoor geberg kan word nie, verkoop ons in ons tweedehandse klerewinkel. Die geld wat ons met hierdie verkope verdien word dan aangewend vir die aankoop van nuwe klere, komberse en beddegoed.

    Hierdie skenkings kan afgelewer word by 12 De Beer straat, Modimolle, 0512.

    Indien jy geen items het om te skenk nie, maar steeds ʼn verskil in ons kinders se lewens wil maak, kan jy ʼn geldskenking maak via BackABuddy of geld direk in die Abraham Kriel Kinderhuis Nylstroom se bankrekening inbetaal.

    Bankbesonderhede:
    Abraham Kriel Nylstroom Fonds
    Bank: ABSA
    Tak: Modimolle
    Takkode: 632005
    Rekeningnommer: 4113 3977 88
    Verwysing: Klere en jou selfoonnommer

    Ons kinderhuis beteken vir elke kind ʼn tweede kans en jou skenking sal hulle nie net warm hou nie, maar ook waardig laat voel.

    Die winter lê sy yskombers
    oor die Bosveld neer.
    Bedags is dit warm,
    maar vroegaand kom bibberweer.

    “My bene is lank, my broek sit styf!”
    “Niks pas meer om my groeiende lyf!”
    Die klerestoor het min om te dra.
    Dié winter wil ons net een ding vra:

    Skenk uit jou klerekas
    alles wat nie meer pas aan jou bas,
    al het dit ʼn gaatjie of ʼn stukkie om te las…
    Ons sal dit baie mooi oppas.

    ʼn Kindjie kan die klere dra,
    of ons winkel kan ʼn geldjie daarvoor vra.
    Só kan ons nuwe kleertjies koop;
    dit gee ons kinders nuwe hoop.

    Iets snoesig wat hulle warm hou,
    is soos arms van liefde wat hulle omvou.
    Jou ou klere
    word hulle nuwe vere.

    Ondersteun Ons