Gasouers

Gesinstyd, kuiertyd, maaltye en vakansies. Vir ʼn gewone kind is dit onthou-oomblikke van lekker eet, lag en liefde. Maar hoe voel dit om ʼn Paasnaweek, in Desember of in vakansietyd alleen in ʼn kinderhuis te wees?

Daarom nooi ons die publiek uit om deel van die Abraham Kriel Kinderhuis se gasouerprogram te word. Gekeurde gasouers kry só die geleentheid om vir kinders te sorg wat, weens verskeie redes, nie die voorreg het om by hulle biologiese ouers te gaan kuier nie. Gasouers kan dan instaan as hierdie kinders se bederf-familie.  

Die gasouerprogram gee ons kinders die geleentheid om in ʼn ander omgewing as die kinderhuis te wees en ook om die ervaring en blootstelling te kry van ʼn normale, funksionerende huishouding. Kinders wat onvergeetlike oomblike saam met gasouers ervaar, leer hoe ʼn normale huishouding funsioneer en hulle gedrag by die kinderhuis getuig daarvan.

Sodra jy besluit om vir ʼn kind die wonderlike geleentheid te bied om spesiale tyd saam met jou gesin te spandeer, kan die proses begin. Gasouers moet goedgekeur word om ʼn kind tuis in te neem:

  • 'n Plaaslike maatskaplike werker, onafhanklik van die kinderhuis, besoek die ouers.
  • Die maatskaplike werker stuur ʼn vorm 30-aansoek na die departement van maatskaplike ontwikkeling.
  • Die ouers gaan na die plaaslike polisiestasie om self ʼn polisieklaringsertifikaat te bekom.

Indien hulle sou belangstel, het gasouers dan ook die geleentheid om aansoek vir pleegsorg te doen.

Kontak Ons