Lumen-skouspel (Liggiefees) 2023


Kersliggies gaan weer flikker by Abraham Kriel Kinderhuis Nylstroom.Die Lumen Fees van Ligte begin op 2 Desember 2023 om 18:00. Ons beplan 'n skouspelagtige openingseremonie; Voer die datum in jou dagboek in! Die toegangsfooi beloop slegs R10 per persoon.

RSVP vir die Liggiefees

Kom besoek die Liggiefees vanaf 2 ̶ 23 Desember 2023.Die toegangsfooi beloop slegs R10 per persoon.







    Die Abraham Kriel Kinderhuis Nylstroom bied vanjaar die vierde Lumen-skouspel, of Liggiefees, aan. Die wonderlike en rustige Bosveld-atmosfeer maak ons liggiefees ʼn baie besonderse geleentheid tydends die feesseisoen.

    Die Lumen-skouspel het in 2019 onstaan nadat ʼn tehuis vir bejaardes kersliggies aan die Kinderhuis geskenk het. Hierdie skenking het dit moontlik gemaak om die jaarlikse Liggiefees aan te bied. Die Lumen-skouspel het selfs tydens die pandemiejare ʼn geleentheid geword waar die publiek, personeel en kinders die gees van ʼn Bosveld-Kersfees kon beleef.  

    Ons nooi elkeen uit om Kersfees saam met ons te vier. Daar sal kos- en speelgoedstalletjies en ook vermaak wees. Die bekende Carols by Candlelight, gelei deur ons Abraham Kriel kinders, vind ook op 18 Desember om 19:00 plaas en beloof om die jaar ekstra spesiaal te wees.

    Die Fees van Ligte begin op 2 Desember 2023 om 18:00. Ons beplan 'n skouspelagtige openingseremonie; Voer die datum in jou dagboek in! Ons ligte flikker elke aand vanaf 18:00 ̶ 21:00 en die skouspel van lig sal tot 24 Desember aangebied word. Die toegangsfooi beloop slegs R10 per persoon.

    *Kaartjies sal ook by die hek beskikbaar wees.