Aanneming van 'n kind


By Abraham Kriel hoor ons gereeld van lede van die gemeenskap wat omgee en graag ʼn kind wil aanneem. Ongelukkig het ons nie die magtiging om iemand te help met die aannemingsproses nie. As ʼn kinderhuis is ons wetlik gemagtig om slegs die kinders wat aan ons toevertrou is regstreeks te versorg, ons kan nie ʼn kind wettiglik in iemand anders se sorg plaas nie. Indien jy aanneming oorweeg, kan jy die Nasionale Aannemingskoalisie by 0800 864 658 of info@adoption.org.za kontak. Hulle sal vir jou ʼn lys van betroubare maatskaplike werkers en aannemingsagentskappe kan gee.

Intussen nooi ons jou uit om ons te help met die versorging van die kinders wat by ons geplaas is. Maak ʼn skenking en belê in ʼn kind se glimlag!