Hy studeer aan die Kweekskool op Stellenbosch en word in 1880 in die NG Kerk gelegitimeer. Reeds van 1880 tot 1893 beywer die jong predikant hom vir armsorg. Onder sy leiding koop sy eerste gemeente, Dutiotspan, in Kimberley, ʼn huis wat as jeugtuiste omskep word en later selfs ʼn hotel wat as tehuis vir jong Christenmans ingerig word. Ds. Kriel maak tydens ʼn Europese reis met verskeie weesinrigtings kennis en sou later verdere besoekreise onderneem.
Met die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog was hy by die NG-gemeente Witwatersrand-Wes wat later die NG-gemeente Langlaagte sou word. Daar was hy van 1893 tot en met sy aftrede in 1918 leraar. Ds. Abraham Kriel word vir twee en ʼn half jaar lank veldprediker vir die Boeremagte. Hy dien onder generaals Lucas Meyer en Jan Smuts, en in die Noordwes-Kaap onder adjudant-generaal Christiaan Beyers.
Die oorlog het nagenoeg 12000 kinders wees gelaat en die simpatieke ds. Kriel het aanvanklik ʼn paar oorlogswesies by die pastorie ingeneem. Op 4 September 1902 open die Langlaagte-kinderhuis sy deure vir 7 wesies wat gou 92 word, en teen September 1903 aan 245 kinders huisvesting gee. Sedert sy bevestiging as predikant in Langlaagte help ds. Kriel met die versorging van wees- en hawelose kinders en word deur mej. Maria Kloppers, ʼn Bolandse maatskaplike werker van die Vrouesendingbond, bygestaan.
Van die begin af is die kinderhuis met genade geseën. In Boksburg en Middelburg, verder oos in die destydse Transvaal, word daar teen die einde van 1902 ook kinderhuise gestig. Beide word onderskeidelik in 1904 en 1908 by Langlaagte ingelyf en in 1913, onder ds. Kriel en mej. Kloppers se leiding, word twee plase aangekoop. Op ʼn keer het ds. Kriel bely: "Ek dank die Here dat ek gehoorsaam was, maar vol geloof was ek ongetwyfeld nie. Telkens as ek vir myself sê dat ek moet glo, word ek bang. Maar as ek sommer in gehoorsaamheid die oë toemaak en my opdragte aanpak, sorg die Here dat alles regkom."
Sonder enige aanvanklike inkomste, maar deur geloof en genade, word die stigter en sy personeel van die nodige middele vir die kinderhuis voorsien sonder dat hulle ooit om skenkings van die publiek vra. Ds. Kriel se praktiese aard het ook bygedra tot die uitbreiding van onderrig aan die kinders. Benewens gewone skoolvakke word ook ambagte soos steenwerk, kleremakery, skrynwerk, boerdery en loodgieterswerk aangebied. Ook onderwysopleiding word aan die kinders verskaf. Teen 1960 is 900 kinders in die kinderhuis gehuisves.
Na die Boereoorlog en die griep van 1918 is baie kinders wees gelaat. Die Langlaagte-kinderhuis het reeds te veel kinders gehad om te huisves en kon nie verder uitbrei om aan die groeiende behoefte te voldoen nie. Die kerkraad van die NG Kerk Nylstroom het kans gesien om kinders in nood te help. Die munisipaliteit is genader en 20 ha grond is vir die oprigting van ʼn kinderhuis in Nylstroom geskenk. Bouwerk het in 1958 begin en die eerste kinders het in 1959 ingetrek.
Alles wat ons is en doen sentreer om ons kinders en hulle fisieke en emosionele welstand. Kundige personeel sien om na 170 kinders tussen die ouderdomme van 18 maande en 19 jaar. Ons beskik oor 15 huise waarin ons kinders ingedeel word en sorg dat die skoolgaandes by 7 verskillende skole onderrig ontvang. Die voorskoolse kinders skakel by 3 verskillende kleuterskole in. Benewens skoolvakke, kry ons kinders ook die geleentheid om aan verskeie sportsoorte en kultuuraktiwiteite deel te neem. Ons lewer presteerders op wat toelating tot tersiêre opleiding ontvang.
By Abraham Kriel Kinderhuis sien ons met liefde na ons kinders om en sorg ons dat hulle gelukkige, gesonde en goedaangepasde lede van die gemeenskap word. Ons kan dit egter nie alleen doen nie, en is baie dankbaar vir die bystand wat ons van ons gemeenskap en vriende van die Abraham Kriel Kinderhuis kry. Omdat ons kinders blootstelling aan fisieke en geestelike trauma gehad het, is sielkundige en mediese assessering en ingryping noodsaaklik. Hulle kry sielkundige behandeling, geestelike berading en spraak- en arbeidsterpie. Verder word daar voorsiening gemaak vir onderrig aan kinders met spesiale behoeftes. Ons het ʼn kliniek en benewens die sorg van ons eie verpleegpersoneel word ons kinders ook vir meer gespesialiseerde mediese ondersoeke verwys. Dokters en spesialiste stel hulle dienste aan die kinderhuis beskikbaar.
Weens beperkte staatshulp is ons afhanklik van bykomende finansiële ondersteuning en is ons baie dankbaar vir die oop harte en hande van die publiek en vele bekende persoonlikhede en instansies in Suid-Afrika.
Na die dood van ds. Abraham Kriel in 1928 word die Langlaagte-kinderhuis hernoem na die Abraham Kriel-kinderhuis. Die hoofkampus is steeds oorkant die oorspronklike NG Kerk Langlaagte geleë wat na sy samesmelting met die NG Kerk Vergesig tans die Glory Divine World Ministries huisves. Ds. Kriel en sy vrou is beide op die kerkterrrein begrawe en ʼn gedenksteen met traliewerk omhein, is vir hulle opgerig.
Studies en vroeë jare as predikant
Hy studeer aan die Kweekskool op Stellenbosch en word in 1880 in die NG Kerk gelegitimeer. Reeds van 1880 tot 1893 beywer die jong predikant hom vir armsorg. Onder sy leiding koop sy eerste gemeente, Dutiotspan, in Kimberley, ʼn huis wat as jeugtuiste omskep word en later selfs ʼn hotel wat as tehuis vir jong Christenmans ingerig word. Ds. Kriel maak tydens ʼn Europese reis met verskeie weesinrigtings kennis en sou later verdere besoekreise onderneem.
Die Anglo-Boereoorlog
Met die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog bedien hy by die NG gemeente Witwatersrand-Wes wat later die NG gemeente Langlaagte sou word. Daar het hy van 1893 tot sy aftrede in 1918 gebly. Ds. Abraham Kriel het vir twee en 'n half jaar veldprediker vir die Boeremagte geword. Hy dien onder generaals Lucas Meyer en Jan Smuts, en in die Noordwes-Kaap onder adjudant-generaal Christiaan Beyers.
Die kinderhuis se deure open
Die oorlog het nagenoeg 12000 kinders wees gelaat en die simpatieke ds. Kriel het aanvanklik ʼn paar oorlogswesies by die pastorie ingeneem. Op 4 September 1902 open die Langlaagte-kinderhuis sy deure vir 7 wesies wat gou 92 word, en teen September 1903 aan 245 kinders huisvesting gee. Sedert sy bevestiging as predikant in Langlaagte help ds. Kriel met die versorging van wees- en hawelose kinders en word deur mej. Maria Kloppers, ʼn Bolandse maatskaplike werker van die Vrouesendingbond, bygestaan.
Die kinderhuis groei
Van die begin af is die kinderhuis met genade geseën. In Boksburg en Middelburg, verder oos in die destydse Transvaal, word daar teen die einde van 1902 ook kinderhuise gestig. Beide word onderskeidelik in 1904 en 1908 by Langlaagte ingelyf en in 1913, onder ds. Kriel en mej. Kloppers se leiding, word twee plase aangekoop. Op ʼn keer het ds. Kriel bely: "Ek dank die Here dat ek gehoorsaam was, maar vol geloof was ek ongetwyfeld nie. Telkens as ek vir myself sê dat ek moet glo, word ek bang. Maar as ek sommer in gehoorsaamheid die oë toemaak en my opdragte aanpak, sorg die Here dat alles regkom."
Sonder enige aanvanklike inkomste, maar deur geloof en genade, word die stigter en sy personeel van die nodige middele vir die kinderhuis voorsien sonder dat hulle ooit om skenkings van die publiek vra. Ds. Kriel se praktiese aard het ook bygedra tot die uitbreiding van onderrig aan die kinders. Benewens gewone skoolvakke word ook ambagte soos steenwerk, kleremakery, skrynwerk, boerdery en loodgieterswerk aangebied. Die geleentheid om as onderwysers opgelei te word, is ook aan die kinders gegee.
Die Abraham Kriel Kinderhuis Nylstroom kom tot stand
Na die Boereoorlog en die griep van 1918 is baie kinders wees gelaat. Die Langlaagte-kinderhuis het reeds te veel kinders gehad om te huisves en kon nie verder uitbrei om aan die groeiende behoefte te voldoen nie. Die kerkraad van die NG Kerk Nylstroom het kans gesien om kinders in nood te help. Die munisipaliteit is genader en 20 ha grond is vir die oprigting van ʼn kinderhuis in Nylstroom geskenk. Bouwerk het in 1958 begin en die eerste kinders het in 1959 ingetrek.
Wat gebeur als by AKK Nylstroom?
Alles wat ons is en doen sentreer om ons kinders en hulle fisieke en emosionele welstand. Kundige personeel sien om na 170 kinders tussen die ouderdomme van 18 maande en 19 jaar. Ons beskik oor 15 huise waarin ons kinders ingedeel word en sorg dat die skoolgaandes by 7 verskillende skole onderrig ontvang. Die voorskoolse kinders skakel by 3 verskillende kleuterskole in. Benewens skoolvakke, kry ons kinders ook die geleentheid om aan verskeie sportsoorte en kultuuraktiwiteite deel te neem. Ons lewer presteerders op wat toelating tot tersiêre opleiding ontvang.
By Abraham Kriel Kinderhuis sien ons met liefde na ons kinders om en sorg ons dat hulle gelukkige, gesonde en goedaangepasde lede van die gemeenskap word. Ons kan dit egter nie alleen doen nie, en is baie dankbaar vir die bystand wat ons van ons gemeenskap en vriende van die Abraham Kriel Kinderhuis kry. Omdat ons kinders blootstelling aan fisieke en geestelike trauma gehad het, is sielkundige en mediese assessering en ingryping noodsaaklik. Hulle kry sielkundige behandeling, geestelike berading en spraak- en arbeidsterpie. Verder word daar voorsiening gemaak vir onderrig aan kinders met spesiale behoeftes. Ons het ʼn kliniek en benewens die sorg van ons eie verpleegpersoneel word ons kinders ook vir meer gespesialiseerde mediese ondersoeke verwys. Dokters en spesialiste stel hulle dienste aan die kinderhuis beskikbaar.
Weens beperkte staatshulp is ons afhanklik van bykomende finansiële ondersteuning en is ons baie dankbaar vir die oop harte en hande van die publiek en vele bekende persoonlikhede en instansies in Suid-Afrika.
Ter nagedagtenis
Na die dood van ds. Abraham Kriel in 1928 word die Langlaagte-kinderhuis hernoem na die Abraham Kriel-kinderhuis. Die hoofkampus is steeds oorkant die oorspronklike NG Kerk Langlaagte geleë wat na sy samesmelting met die NG Kerk Vergesig tans die Glory Divine World Ministries huisves. Ds. Kriel en sy vrou is beide op die kerkterrrein begrawe en ʼn gedenksteen met traliewerk omhein, is vir hulle opgerig.
Ons geskiedenis
Wie was Abraham Kriel?
Eerwaarde Abraham Paul Kriel (1 Maart 1850 – 9 Junie 1928) was 'n predikant in die Nederduitse Gereformeerde Kerk en stigter van die Langlaagte kinderhuis wat op 2 September 1902 geopen is. Na sy dood is die huis na hom vernoem.
Die Kriel-stamvader het in 1791 uit Hanau, Duitsland, in die Kaap aangeland en was in diens van die Oos-Indiese Kompanjie. Abraham Kriel se vader, Jacobus Petrus Kriel, en sy moeder, Margaretha Louisa Hugo, het dertien kinders gehad en hy was hulle elfde kind.