Carpe Diem

Cassey Stehouwer

Op 9-jarige ouderdom het Cassey die Abraham Kriel Kinderhuis Nylstroom haar nuwe tuiste genoem. Sy is hier geplaas weens omstandighede buite haar beheer. Sy is nou in haar finale jaar van skool aan die Hoërskool Nylstroom en vasbeslote om 'n prokureur te word.

Haar droom is duidelik: om te veg vir dié wat nie ʼn stem het nie en te verseker dat geregtigheid geskied vir diegene wat nie vir hulself kan veg nie. Met haar sterk persoonlikheid, liefde vir lees en ʼn meedoënlose strewe om sukses te behaal, berei sy haarself daagliks voor vir ʼn toekoms wat haar lewe sal verander en waar sy eindelik haar merk in die wêreld kan maak.

Word 'n vriend

Micayla Jenkins

As klein dogterjie het Micayla nog altyd daarvan gedroom om 'n chef te word.

Nadat sy by die Abraham Kriel Kinderhuis in Nylstroom as 12-jarige geplaas is, het haar droom begin vlerke kry.

Kosmaak is vir Micayla meer as net voedselvoorbereiding; dis haar manier om haar verlede agter te laat. Sy is van nature ʼn introvert en verkies die stilte van die kombuis as ʼn ruimte waar sy haar kreatiwiteit kan uitleef. Ons Abraham Koffiewinkel het vir haar ʼn toevlugsoord geword, ʼn plek waar sy waardevolle kennis oor kos en kliëntediens opgedoen het.

Micayla het nou die geleentheid om haar kinderdroom te bewaarheid. Op 19 Februarie 2025 het sy ʼn nuwe hoofstuk begin by die International Hotel School in Sandton.

Word 'n vriend

Monique Botha

Op 9-jarige ouderdom moes Monique Botha in 2015 die Abraham Kriel Kinderhuis Nylstroom haar nuwe tuiste noem. Met die intrapslag was dit duidelik dat sy nie sou toelaat dat die moeilike huislike omstandighede waaruit sy kom haar verder sou onder kry nie.

Sy het die hartseer uit haar verlede eerder as motivering gebruik om die mooi te soek; nie net in haar omstandighede nie, maar ook in mense. So is daar ʼn saadjie geplant om die mooi in ander uit te bring en het Monique se droom om ʼn haarstilis te word, ontstaan.

Word 'n vriend

Taylor van Staden

Taylor van Staden is in 2015 in ons kinderhuis ingeneem. Nadat sy gematrikuleer het, het sy om 'n beurs aansoek gedoen om onderwys by AROS te studeer. Gedurende haar studies werk sy deeltyds om in al haar behoeftes te voorsien. Sy is tans besig met haar finale jaar en sal spoedig met ʼn onderwyskwalifikasie spog. Taylor is ook ʼn belowende jong skrywer en neem aan skryfkompetisies deel. Hier is een van haar jongste gedigte:

My ouerhuis was nie wat dit moes wees nie. Toe ek in die kinderhuis geplaas is, het ek myself gevind. Ek het geleer hoe om my eie mens te wees en dat ek enigiets kan wees wat ek wil wees. Die kinderhuis was my ‘safe place’ toe alles wat ek geken het, inmekaar gestort het. Dit was die beste ding wat met my kon gebeur het. Te danke aan hulle, is ek nou besig met my finale eksamen. Hulle is die rede dat ek my droom kan uitleef.

Word 'n vriend

Gavin Smith

Gavin is sedert Mei 2014 deel van ons AKK-familie. Hy is ʼn kranige sportman en blink uit in rugby, krieket en gholf. In 2018 word hy as leier by Laerskool Nylstroom verkies. In 2022 is Gavin vir die Limpopo Blou Bulle se hoërskolespan gekies. Hy word in 2022 as onderhoofseun van Hoërskool Nylstroom aangewys. Sy droom is om ingenieurswese te studeer en beroepsrugby te speel.

Ek is al lank in die kinderhuis; as dit nie vir dié plek was nie, dan sou ek nie al my drome kon bereik nie. Die Here het my hier geplaas om ʼn verskil te maak en die klein kindertjies te inspireer. Die kinderhuis is ʼn plek waar drome waar word.

Word 'n vriend

Sanet Basson

Sanet is in Maart 2017 by die kinderhuis ingeneem. Sy het in 2018, haar graad 10-jaar, ʼn bragiale sist ontwikkel. Gereelde inflammasie het baie pyn en ongemak veroorsaak. Daarbenewens het dit ook ʼn groot invloed op haar selfbeeld gehad. Ons kinders is almal afhanklik van die staat vir mediese sorg, maar Sanet kon op daardie stadium nie by die staatshospitaal geholpe raak nie. In haar matriekjaar (2020) het ons uiteindelik privaat hulp deur middel van Jacaranda FM se Good Morning Angels en Operation Healing Hands gekry. Die sist is voor haar matriekafskeid en finale eksamen verwyder. Sy het matriek met vlieënde faandels geslaag en universiteitstoelating gekry. As gevolg van die mediablootstelling wat haar storie geniet het, het sy ook ʼn privaat beurs vir haar studies gekry. Sanet studeer onderwys aan die Universiteit van Pretoria en is amper klaar met haar tweede jaar.

Die kinderhuis het my huis geword. Sodra ek van die pad afgedwaal het, het die kinderhuis se personeel my soos ouers gedissiplineer, en ook my hand gevat en my op die regte pad teruggelei. Die kinderhuis is nie net die plek van veiligheid nie; daar is mense wat jou potensiaal raaksien en na die beste van hulle vermoë help om in die lewe vordering te maak. Daar is mos ʼn sêding: "Dit neem ʼn hele gemeenskap om ʼn kind groot te maak." Ek weet ek en elke ander kind by Abraham Kriel Kinderhuis was baie bevoorreg dat ʼn gemeenskap mekaar gehelp het om ons groot te maak. Die kinderhuis was my grootste geskenk van God af.

Word 'n vriend

Benjamin Moller

Benjamin has been part of the Abraham Kriel Children’s Home Nylstroom since December 2014. He matriculated at Hoërskool Nylstroom in 2020. In 2021 he enrolled at Sondela Academy and is currently doing his second year in Game Ranch Management. Benjamin also received training in hotel, lodge and resort management. Because he has the gift to identify new business opportunities and realise his ideals, he won the Student of the Year Award in this category at Sondela Academy.

The children’s home was the rock on which I could build the foundation for my future. It was not my first and best option to be there, but it was really a very good second option. The home showed me how to be independent and responsible. There I learnt how to be a better ‘me’ for myself and for other people.

Word 'n vriend
Ondersteun Ons