Help Cassey Stehouwer
Ondersteun Cassey deur ’n maandelikse bydrae te maak.
#Cassey Stehouwer
Voltooi en dien die vorm hieronder in om na ons skenkingsportaal herlei te word.
Op 9-jarige ouderdom het Cassey die Abraham Kriel Kinderhuis Nylstroom haar nuwe tuiste genoem. Sy is hier geplaas weens omstandighede buite haar beheer. Sy is nou in haar finale jaar van skool aan die Hoërskool Nylstroom en vasbeslote om 'n prokureur te word.
Haar droom is duidelik: om te veg vir dié wat nie ʼn stem het nie en te verseker dat geregtigheid geskied vir diegene wat nie vir hulself kan veg nie. Met haar sterk persoonlikheid, liefde vir lees en ʼn meedoënlose strewe om sukses te behaal, berei sy haarself daagliks voor vir ʼn toekoms wat haar lewe sal verander en waar sy eindelik haar merk in die wêreld kan maak.
Sy kan dit egter nie alleen doen nie. Sy benodig jou hulp.
Cassey beoog om in 2026 haar studies in LLB voort te sit by Akademia. Die kostes vir hierdie 4-jaar kursus beloop R65 000 per jaar, dus ʼn totale koste van R260 000.
Ons doelwit is om hierdie fondse met die hulp van ons ondersteuners in te samel. Sodoende kan ons verseker dat sy die nodige hulpbronne kry om sukses te behaal.
Donasies om Cassey se toekomsdroom te bewaarheid, kan direk in ons bankrekening in betaal word:
Bankbesonderhede:
Abraham Kriel Kinderhuis Nylstroom Fonds
Bank: ABSA
Tak: Modimolle
Branch Code: 632005
Account Number: 4113 3977 88
Verwysing: Jou selfoonnommer en Cassey
Die selfoonnommer as betalingsverwysing help met naspeurbaarheid en verseker verantwoordelike kommunikasie- en databestuur, sodat ons jou nie onnodig kontak nie.
As alternatief kan donasies gemaak word via BackaBuddy.
Saam kan ons Cassey toerus om op te staan vir diegene wat dit die nodigste het.
