Help Sanet Basson


Ondersteun Sanet Basson deur 'n maandelikse bydrae te maak.

#Sanet Basson

Voltooi en dien die vorm hieronder in om na ons skenkingsportaal herlei te word.






    Sanet is in Maart 2017 by die kinderhuis ingeneem. Sy het in 2018, haar graad 10-jaar, ʼn bragiale sist ontwikkel. Gereelde inflammasie het baie pyn en ongemak veroorsaak. Daarbenewens het dit ook ʼn groot invloed op haar selfbeeld gehad. Ons kinders is almal afhanklik van die staat vir mediese sorg, maar Sanet kon op daardie stadium nie by die staatshospitaal geholpe raak nie. In haar matriekjaar (2020) het ons uiteindelik privaat hulp deur middel van Jacaranda FM se Good Morning Angels en Operation Healing Hands gekry. Die sist is voor haar matriekafskeid en finale eksamen verwyder. Sy het matriek met vlieënde faandels geslaag en universiteitstoelating gekry. As gevolg van die mediablootstelling wat haar storie geniet het, het sy ook ʼn privaat beurs vir haar studies gekry. Sanet studeer onderwys aan die Universiteit van Pretoria en is amper klaar met haar tweede jaar.

    Die kinderhuis het my huis geword. Sodra ek van die pad afgedwaal het, het die kinderhuis se personeel my soos ouers gedissiplineer, en ook my hand gevat en my op die regte pad teruggelei. Die kinderhuis is nie net die plek van veiligheid nie; daar is mense wat jou potensiaal raaksien en na die beste van hulle vermoë help om in die lewe vordering te maak. Daar is mos ʼn sêding: "Dit neem ʼn hele gemeenskap om ʼn kind groot te maak." Ek weet ek en elke ander kind by Abraham Kriel Kinderhuis was baie bevoorreg dat ʼn gemeenskap mekaar gehelp het om ons groot te maak. Die kinderhuis was my grootste geskenk van God af.

    Bank besonderhede:

    Abraham Kriel Kinderhuis Nylstroom Fonds
    Bank: ABSA
    Tak: Modimolle
    Takkode: 632005
    Rekeningnommer: 4113 3977 88
    Verwysing: Carpe Diem en jou telefoonnommer