Help Micayla Jenkins


Ondersteun Micayla Jenkins deur 'n maandelikse bydrae te maak.

#Micayla Jenkins

Voltooi en dien die vorm hieronder in om na ons skenkingsportaal herlei te word.






    As klein dogterjie het Micayla nog altyd daarvan gedroom om 'n chef te word.

    Nadat sy by die Abraham Kriel Kinderhuis in Nylstroom as 12-jarige geplaas is, het haar droom begin vlerke kry.

    Kosmaak is vir Micayla meer as net voedselvoorbereiding; dis haar manier om haar verlede agter te laat. Sy is van nature ʼn introvert en verkies die stilte van die kombuis as ʼn ruimte waar sy haar kreatiwiteit kan uitleef. Ons Abraham Koffiewinkel het vir haar ʼn toevlugsoord geword, ʼn plek waar sy waardevolle kennis oor kos en kliëntediens opgedoen het.

    Micayla het nou die geleentheid om haar kinderdroom te bewaarheid. Op 19 Februarie 2025 het sy ʼn nuwe hoofstuk begin by die International Hotel School in Sandton.

    Die Culinary Arts -program wat sy volg, duur twee jaar. Ongelukkig is ons fondse beperk en ons kort nog R121 500 om haar eerste jaar se studies te dek. Daarom doen ons ʼn beroep op ons vriende en ondersteuners vir hulp.

    Elke bydrae – groot of klein – is 'n bevestiging dat sy 'n beter toekoms verdien.

    Donasies om Micayla se droom te bewaarheid kan ook gemaak word via BackaBuddy.

    Jou bydrae sal die sleutelbestanddeel vir Micayla se resep vir sukses wees!

    Bankbesonderhede:

    Abraham Kriel Kinderhuis Nylstroom Fonds
    Bank: ABSA
    Tak: Modimolle
    Branch Code: 632005
    Account Number: 4113 3977 88
    Verwysing: Micayla en jou selfoonnommer

    Die selfoonnommer as betalingsverwysing help met naspeurbaarheid en verseker verantwoordelike kommunikasie - en databestuur, sodat ons jou nie onnodig kontak nie.

    Ondersteun Ons