ʼn Dag van leer en verwondering by Adventures with Elephants


Kinders van Abraham Kriel Kinderhuis Nylstroom het gedurende die Junie-vakansie besoek by Adventures with Elephants afgelê. Die uitstappie het vir hulle die geleentheid gebied om die natuur op ʼn nuwe manier te beleef en meer oor olifante, bewaring en respek vir die natuur te leer.

Adventures with Elephants is in 2010 gestig en word bestuur die Hensman-familie wat reeds sedert 1988 saam met olifante leef en werk.

Tydens die besoek kon ons kinders die olifante van nader bekyk en meer leer oor hierdie besondere diere se gedrag en intelligensie, asook oor die belangrike rol wat hulle in die natuur speel. Vir elkeen van hierdie kinders was dit ʼn nuwe ervaring, en die dag het gesorg vir groot opgewinding en mooi herinneringe.

Adventures with Elephants streef daarna om mense nader aan wild te bring en ʼn groter bewustheid van natuurbewaring te skep.

Abraham Kriel Kinderhuis Nylstroom bedank Adventures with Elephants opreg vir hul vrygewigheid en vir die geleentheid wat hulle aan ons kinders gebied het om die park gratis te besoek. Dit was ʼn onvergeetlike ervaring.

Ons beveel Adventures with Elephants met groot vrymoedigheid aan vir gesinne, skole en groepe wat op soek is na ʼn betekenisvolle en opvoedkundige uitstappie.

Besoek gerus https://www.adventureswithelephants.co.za/ of skakel +27 79 431 7655

Ondersteun Ons