Borg-'n-Bord
Jy kan ons kinders se magies en harte vol maak deur ʼn bord kos te borg.
#Borg-ʼn-bord
Vul die onderstaande vorm in om ʼn bord kos vir ʼn Abraham Kriel-kind te borg.
By Abraham Kriel Kinderhuis Nylstroom word die begrip van “huis” elke dag gebou deur konsekwentheid: 'n warm bed, skoon klere, seep om mee te was, sorgsame huisouers, 'n daaglikse roetine wat stabiliteit bring en 'n warm maaltyd wat met liefde bedien word.
Elke dag voorsien ons kos aan die 170 kinders in ons sorg, asook die 30 personeellede wat na hulle omsien. Dit beteken 200 mense, drie maaltye per dag, elke dag. Met ander woorde: 600 maaltye per dag en meer as 18 000 maaltye per maand.
As kinderhuis is ons opreg dankbaar vir die staatsubsidie wat ons ontvang om na ons kinders om te sien. Wanneer die volle onkoste van elke kind se versorging egter in ag geneem word – veilige verblyf, klere, skoolfonds, vervoer, terapie, mediese sorg en daaglikse versorging – dek die subsidie in werklikheid minder as 10% van elke kind se kosuitgawes.
Ons het hulp nodig om daardie tekort aan te vul. Ons het hulp nodig om ons toekoms te voed.
Die gemiddelde koste van een maaltyd per kind beloop R60. Om een kind se magie vir ʼn week vol te hou, kos R1 260, en vir ʼn hele maand ongeveer R5 040.
Jou finansiële bydrae word vir 'n kind iets onmiddellik en tasbaar: die sekerheid van 'n bord kos, die krag om aan ʼn beter toekoms te bou, en die wete dat hy of sy nie vergete is nie.
Bankbesonderhede:
Abraham Kriel Nylstroom Fonds
Bank: ABSA
Tak: Modimolle
Takkode: 632005
Rekeningnommer: 4113 3977 88
Verwysing: Jou selnommer of e-posadres
Die gebruik van jou selfoonnommer of e-posadres as betalingsverwysing help met naspeurbaarheid en ondersteun verantwoordelike kommunikasie- en databestuur. Dit stel ons ook in staat om jou vir jou donasie te bedank.
Ons benodig 18 000 mense wat elk net een bord kos per maand skenk om die versekering te hê dat almal by die kindershuis kan eet.
Alternatiewelik kan jy skenk via BackaBuddy of SnapScan.
Kan jy vandag net een bord kos borg?
