Vakansiepret vir Huis Wag-ʼn-Bietjie se kleuters


Die kleuters van Huis Wag-ʼn-Bietjie by Abraham Kriel Kinderhuis Nylstroom het op 26 Junie ʼn spesiale uitstappie na Spring-Box Trampoline Park in Bela-Bela geniet.

Die dag was besonder betekenisvol, aangesien ons kleuters nie altyd aan dieselfde uitstappies as die ouer kinders kan deelneem nie. Die trampolienpark het dit vir ons jongspan moontlik gemaak om ook ʼn veilige, prettige en ouderdomsgeskikte uitstappie te geniet.

Altesaam 11 kleintjies en 4 volwassenes het die uitstappie meegemaak. Die kleintjies het na hartelus gespring, gespeel en gelag in ʼn omgewing wat spesiaal vir gesinne en kinders ingerig is.

Spring-Box Trampoline Park bied onder meer trampoliens, hindernisbane, ʼn skuimput en ʼn 3D-virtuelerealiteitsrit. Terwyl kinders speel, kan volwassenes by die koffiewinkel ontspan en iets te ete of te drinke geniet.

Spring-Box Trampoline Park streef daarna om om ʼn veilige, vrolike ruimte vir gesinne te skep waar kinders kan speel en gesinne kosbare tyd saam kan deurbring.

Abraham Kriel Kinderhuis Nylstroom bedank Spring-Box Trampoline Park vir die hartlike ontvangs en vir die besondere dag vol pret wat hulle vir ons kleuters moontlik gemaak het.

Vir meer inligting oor Spring-Box Trampoline Park, skakel 071 114 9080.

Ondersteun Ons