Kinderhuis vier Erfenisdag op eg Suid-Afrikaanse wyse

Die kinders en personeel van Abraham Kriel Kinderhuis Nylstroom het op 24 September hierdie openbare vakansiedag met ʼn tradisionele braai en ʼn verskeidenheid buitelugaktiwiteite op die kinderhuis se terrein gevier.

Vir die personeel was dit ook ʼn welkome geleentheid om weg van hul gewone daaglikse roetine op ʼn informele manier tyd saam met die kinders deur te bring.

Hoewel die dag landswyd aan Suid-Afrika se ryk kulturele verskeidenheid gewy word, het die vieringe by die kinderhuis veral om die eenvoudige tradisie van saamkuier gedraai. Tussen die sport, speletjies en lekker eet is daar baie gelag en is mooi herinneringe gemaak wat nog lank sal bly.

Ondersteun Ons