Word 'n vriend van die kinderhuis
Word 'n vriend van die Abraham Kriel Kinderhuis Nylstroom deur 'n maandelikse bydrae te maak.
#Word 'n vriend
Voltooi die onderstaande vorm en ons sal jou kontak.
Voltooi die onderstaande vorm en ons sal jou kontak.
"'n Buurman wat naby is, is meer werd as 'n broer wat ver is." - Spreuke 27:10
Die Abraham Kriel Kinderhuis Nylstroom huisves kinders wat bo moeilike omstandighede uitgestyg het en met groot geleenthede beloon word. Ons beskerm en genees kinders waar armoede en/of geweld fisieke en emosionele wonde gelaat het. Ons kinders werk hard daaraan om hierdie wonde te genees terwyl hulle fokus op hoop vir die toekoms.
Die Abraham Kriel Kinderhuis Nylstroom is 'n niewinsgewende organisasie wat na 170 kinders omsien. Hierdie kinders is verwaarloos en/of mishandel en daarna uit hul ouerhuis gehaal. Ons voorsien in hul basiese behoeftes. Daar word ook aandag gegee aan hul fisiese en geestelike behoeftes en sodoende word hul algehele welstand verseker.
Die staatsubsidie voldoen aan minder as 25% van die Kinderhuisbegroting. Die enigste manier om hierdie tekort aan te vul, is deur ondersteuning van individue in die gemeenskap. Elke bydrae maak 'n groot verskil en help ons om na ons kinders om te sien.
Daarom nooi ons jou graag uit om ʼn vriend van die Abraham Kriel Kinderhuis Nylstroom te word deur ʼn maandelikse bydrae tot die kinderhuis se uitgawes te maak. Voltooi die vorm hierbo en die Abraham Kriel Kinderhuis Nylstroom sal jou kontak.