’n Feesmaal van Hoop
Jou donasie verander dié feesseisoen ’n bord kos in ’n feesmaal van hoop.
#’n Feesmaal van Hoop
Vul die onderstaande vorm in om 'n bord kos vir 'n Abraham Kriel-kind te borg.
Die feesseisoen is 'n tyd van samesyn, vreugde en gedeelde etes om die tafel. Vir baie is dit ʼn seisoen van warmte, lag en familietradisies. Maar vir die 170 kinders in ons sorg is hierdie tyd van die jaar bittersoet: 'n herinnering aan wat hulle verloor het – standvastigheid en deelwees van 'n tradisionele gesin, maar ook 'n bewuswording van die liefde en ondersteuning wat hulle by Abraham Kriel Kinderhuis Nylstroom gevind het.
Elke kind verdien om die vreugde van 'n feesmaal te ervaar, omring deur liefde en joligheid. Dié Kersfees kan jy daardie spesiale oomblik help skep deur ʼn bord kos vir 'n Abraham Kriel-kind te borg. Jou bydrae maak 'n voedsame Kersmaal met groente asook stysel en proteïene moontlik. So verseker ons dat ons kinders nie net met vol mae gaan slaap nie, maar ook met blye harte.
Deur net een Kersete te borg, word jy deel van iets waarlik betekenisvol: 'n Kersfees waar geen kind in ons kinderhuis vergete voel nie.
Bankbesonderhede:
Abraham Kriel Nylstroom Fonds
Bank: ABSA
Tak: Modimolle
Takkode: 632005
Rekeningnommer: 4113 3977 88
Verwysing: Kersete en jou selfoonnommer
Die selfoonnommer as betalingsverwysing help met naspeurbaarheid en verseker verantwoordelike kommunikasie- en databestuur, sodat ons jou kan bedank vir jou donasie.
As alternatief kan jy 'n onmiddellike skenking maak via BackaBuddy of SnapScan.
Elke donasie aan die Abraham Kriel Kinderhuis Nylstroom verander 'n bord kos in 'n feesmaal van hoop.
