’n Feesmaal van Vreugde
Jou donasie verander dié feesseisoen ’n bord kos in ’n feesmaal van vreugde.
#’n Feesmaal van Vreugde
Vul die onderstaande vorm in om 'n bord kos vir 'n Abraham Kriel-kind te borg.
Vir kinders is Kersfees ʼn tyd van groot opwinding. Hulle droom van geskenke onder die Kersboom, Kersklappers met klein verrassinkies binne-in en papierkroontjies wat skeef op hul koppe sit. Hulle sien uit na lekker eet, samesyn en lag om ʼn feestafel. Maar bowenal is dit die mense saam met wie hulle die dag deurbring wat hulle Christusfees besonders maak.
Vir die meeste van die 170 kinders in ons sorg verloop Kersfees egter nie altyd soos hulle hoop nie. Soms word beloftes nie nagekom nie. Soms bly ʼn bekende gesig weg.
Maar selfs wanneer Kersfees nie volgens plan verloop nie, kan dit steeds ʼn dag vol vreugde wees.
Daarom sorg ons elke jaar by Abraham Kriel Kinderhuis Nylstroom dat die tafels gedek is en die feesmaal voorberei word. Ons wil hê elke kind moet weet: Hier is plek vir jou. Hier is mense wat vir jou omgee en vir jou lief is.
Hierdie Kersfees kan jy ons help om vir hierdie kinders ʼn heerlike Kersete voor te sit. Jou bydrae help ons om nie net hul magies vol te maak nie, maar ook om te sorg dat hulle ʼn Kersdag vol liefde, samesyn en vreugde beleef.
Bankbesonderhede:
Abraham Kriel Nylstroom Fonds
Bank: ABSA
Tak: Modimolle
Takkode: 632005
Rekeningnommer: 4113 3977 88
Verwysing: Kersete en jou selfoonnommer
Die selfoonnommer as betalingsverwysing help met naspeurbaarheid en verseker verantwoordelike kommunikasie- en databestuur, sodat ons jou kan bedank vir jou donasie.
As alternatief kan jy 'n onmiddellike skenking maak via BackaBuddy of SnapScan.
Elke donasie aan Abraham Kriel Kinderhuis Nylstroom verander ʼn bord kos in ʼn feesmaal van vreugde.
Neem asseblief kennis: Alle skenkings word aangewend om gedurende die feestyd en in 2027 ons kinders te versorg.
