Hiep-hiep hoera!
Jou donasie kan 170 verjaarsdagwense waar maak!
#Hiep-hiep hoera!
Voltooi die onderstaande vorm om 'n bydrae te maak.
Regoor die wêreld is dit algemeen om ʼn verjaarsdag by ʼn restaurant te vier, en op eie bodem is dit nie anders nie. Wat maak ʼn kinderhart gelukkiger op dié spesiale dag as ʼn sappige burger en tjips, eindelose speel en die vooruitsig van ʼn hele restaurant wat saam sing en handeklap wanneer “Happy Birthday to you!” deur die hele restaurant weergalm? En moenie die roomysbederf vergeet nie!
Dit is so ʼn eenvoudige manier om die begin van ʼn nuwe lewensjaar te vier. Tog het die oorgrote meerderheid van die 170 Abraham Kriel Kinderhuiskinders nog nooit die voorreg gehad om dit in hulle ouerhuise te beleef nie. Maar vanjaar gaan ons dit verander.
Ons beplan om in Maart al ons kinders se verjaarsdae saam op één dag te vier met ʼn groot verjaarsdagpartytjie by Spur! Ons kies juis hierdie maand, want dit is ook die verjaarsdagmaand van ons stigter, ds. Abraham Kriel.
Kan jy ons help om hierdie kinderpartytjie moontlik te maak?
Met ʼn donasie aan Abraham Kriel Kinderhuis help jy om te sorg dat elkeen van ons 170 kinders die volgende kan geniet:
- 'n burger en tjips;
- 'n koeldrank; en
- 'n stukkie verjaarsdagkoek.
Jy kan op die volgende maniere skenk:
Bankbesonderhede:
Abraham Kriel Nylstroom Fonds
Bank: ABSA
Tak: Modimolle
Takkode: 632005
Rekeningnommer: 4113 3977 88
Verwysing: Jou selfoonnommer of e-posadres
'n Selfoonnommer of e-posadres as betalingsverwysing help met naspeurbaarheid en verseker verantwoordelike kommunikasie- en databestuur, sodat ons jou kan bedank vir jou donasie.
Alternatiewelik kan jy skenk via BackaBuddy of SnapScan.
Jou donasie maak 170 verjaarsdagwense waar!
