#KinderLewensMaakSaak, maar hul SAPD-statistieke ontbreek


Die Abraham Kriel Kinderhuis Nylstroom het vandag sy misnoeë uitgespreek aangesien daar nie in die misdaadstatistieke spesifiek voorsiening gemaak word vir misdrywe wat teen vroue en kinders gepleeg word nie. Die regering se misdaadbekampingstrategie om geweld teen vroue en kinders te verminder kan nie gemeet word indien daar nie ʼn maatstaaf is waarteen die strategie gemeet word nie.

Die Kinderhuis doen ʼn beroep op die minister van polisie, Bheki Cele, om dringende aandag hieraan te gee sodat geweld en misdaad teen kinders bekamp word. Voldoende hulpbronne moet beskikbaar wees om sodanige sake te hanteer. Dit word aanbeveel dat beamptes wat hierdie sake ondersoek oor die nodige opleiding en kundigheid moet beskik om die kinders met die nodige sensitiwiteit en begrip te hanteer.

“Ons het ʼn verantwoordelikheid om toe te sien dat kinders versorg en beskerm word na iets vreeslik met hulle gebeur het,” sê Marlene de Villiers, woordvoerder van die Abraham Kriel Kinderhuis Nylstroom.

Die Kinderhuis het ʼn petisie geloods om die erns van die probleem onder die regering se aandag te bring sodat dit hanteer kan word. Hulle wil voor Desember ʼn 100 000 handtekeninge insamel. Die petisie sal op 10 Desember 2020 aan die kantoor van die president oorhandig word. Die publiek word versoek om die inisiatief te ondersteun deur die Kinderhuis se webwerf by https://www.akknyl.co.za/childrens-lives-matter/ te besoek of om jou NAAM na 39236 te SMS (bepalings en voorwaardes geld) en ʼn R15-skenking te maak. https://www.akknyl.co.za/childrens-lives-matter/ or by texting your NAME to 39236 (terms and conditions apply) and ʼn Make a R15 donation.

Ondersteun Ons