Tandeweek


Ons is bevoorreg dat Dr. Pinheiro en haar span jaarliks ʼn gratis evaluasie van die kinders se tande doen. Daarna word 10 kinders geïdentifiseer aan wie se tande daar gratis herstelwerk gedoen word. Ons is baie dankbaar aangesien ons nie oor die luukse van ʼn tandarts beskik nie. Ons moet normaalweg by die staatshospitaal in rye sit en hoop dat hulle ons daar sal help.