Maatskaplikewerkdienste


Die grootste verantwoordelikheid ten opsigte van werksaamhede rus op die skouers van die Abraham Kriel Kinderhuis se maatskaplike werkers. Ons het tans drie maatskaplike werkers, een forensiese maatskaplike werker en ’n maatskaplikewerkbestuurder. Hierdie department is verantwoordelik vir die emosionele versorging van die kinders. Verder fasiliteer hulle kontak met ouers/familie en is hulle betrokke by die ontwikkeling van die kinders deur elkeen se individuele ontwikkelingsplan op te stel en uit te voer. ’n Artikel oor ’n dag in die lewe van ’n maatkaplike werker in ’n kinderhuis is onlangs deur Solidariteit gepubliseer.

Ondersteun Ons