Moedersdag-bederf


Die Abraham Koffiehuis, saam met Chris van Rooyen van Pick n Pay Modimolle, maak Moedersdag op 8 Mei vanjaar ekstra spesiaal vir die moeders van ons gemeenskap. Te danke aan Pick n Pay Modimolle kon ons die 20 bejaardes van Ons Hoop Ouetehuis (Waterberg Dienssentrum) ook genooi het om gratis te kom eet op die dag! Sonet Shields het gesorg vir die vermaak vir die dag. Sonder die hulp van die gemeenskap kan ons nie voortbestaan nie en daarom sê ons baie dankie vir elke skenker wat ons help om hierdie geleenthede moontlik te maak.