Moreleta Duifies kom kuier


Op 7 Mei het die Moreleta Duifies Kleuterskool se personeel by ons kom kuier. Die hoof, Saartjie, en haar span het ‘n “colour run” gehou met die kinders. Die babas en kleuters is besig gehou met kolwyntjieversiering, stories en vele meer aktiwiteite. Hulle het met twee vragte donasies wat kos, klere en speelgoed insluit, by ons aangekom. Nie net die kinders is die dag bederf nie, elke personeellid het sommer ook 'n bederfpakkie gekry! Dankie Moreleta Duifies, dit was ʼn dag vol pret en plesier; ons waardeer julle!