
Matrieks 2021
Dit is met groot trots dat ons kan aankondig dat al ons matrikulante hul matriekeksamen geslaag het. Ons is ook bevoorreg om van ons matrieks die geleentheid vir naskoolse opleiding te bied. Ons studente is besig met die volgende studierigtings:
- Benjamin is besig met sy finale jaar by Sondela in Wildsplaasbestuur.
- Taylor is besig met haar laaste jaar by AROS en sal aan die einde van die jaar as onderwyseres kwalifiseer.
- Lenie begin hierdie jaar met haar onderwysstudies by STUDIO.
- Irene begin haar regsstudies by STUDIO.
- Joy begin haar studies in Toerismebestuur by STUDIO.
- Tracey is besig met haar studies in Tuisversorging.
- Donnevine is besig met sy opleiding in Bou en Siviele Konstruksie by Bo-Karoo Opleiding (BKO).
- Lee Ann is besig met haar opleiding in Vroeë Kinderontwikkeling.