Moedersdag by Abraham Kriel Kinderhuis Nylstroom


Wanneer ons na die betekenis van die woord moeder kyk, dan verwys dit na ʼn persoon wat aan ʼn kind geboorte geskenk het. Dit is ook iemand wat ʼn bepaalde verhouding met ʼn kind het en die kind versorg.

By Abraham Kriel Kinderhuis Nylstroom is daar 170 kinders wat om verskeie redes nie die voorreg gehad het om Moedersdag met hulle biologiese moeders te spandeer nie. Elke kind by die Abraham Kriel Kindershuis Nylstroom het egter ʼn huismoeder wat tans die rol van ʼn moeder in hulle lewens speel; iemand wat hulle daagliks versorg, emosioneel koester en ondersteun.

Ek deel graag twee briefies wat ons van twee van die Abraham Kriel-dogters gekry het.  

“Môre Tannie. Ek wil net baie dankie se vir die liefde en moeite wat tannie doen. Ek waardeur alles. Tannie het ʼn spesiale plekkie in my hart. Tannie is ʼn baie sterk en spesiale vrou. Tannie gee om vir mense. Ek kyk baie op na Tannie. Ek is baie dankbaar vir die kanse wat Tannie my gegee het om my lewe reg te kry. Die kinderhuis het my lewe verander; ek sal dit nooit vergeet nie. Ek is trots om deel te wees van die familie. Happy Mother's Day, tannie Gerda. Tannie moet die dag geniet. ❤️❤️"

"Liewe Tannie Patsy 😊

Ek gaan jou herinner hoe ons waardeer wat jy doen ... 

Dankie dat jy die figuurma vir ons gespeel het

Om die liefde te deel wat jy aan jou kinders moet gee ...

Om altyd daar te wees ...

Om so verstaanbaar 😊 te wees ...

Dit verg die moed van 'n regte ma om dit te doen ...

Mag jy elke dag wakker word met die wete dat jy hoog op prys gestel word en dat jy nie as vanselfsprekend aanvaar word nie, ten spyte van die uitdagings wat jy altyd teëkom 🖤 ...

Baie liefde🖤

Van MAROELA 😊🤍🤗 "

Om by die kinders in die kinderhuis betrokke te wees, is nie net ʼn voorreg nie, maar ook ʼn verantwoordelikheid. Ons moet die voorbeeld wees wat hierdie kinders kan navolg.