
Einde van die finansiële jaar: maak seker jy SkenkSlim
Met die afsluiting van die boekjaar in Februarie 2024, is besighede en individue hard besig om hul finansiële state te finaliseer en hul belastingverpligtinge te bepaal. Daarom wil die Abraham Kriel Kinderhuis Nylstroom jou aan die SkenkSlim-veldtog herinner.
Jou ondersteuning dra nie net by tot die voortsetting van ons Kinderhuis se lewensbelangrike werk nie, maar dit kan ook vir jou belastingvoordele bied deur die uitreiking van ʼn artikel 18A-belastingsertifikaat.
Die SkenkSlim-veldtog is ʼn inisiatief wat daarop gemik is om ons kinderhuis te ondersteun en in die proses belastingvoordele aan skenkers te gee. Elke skenking speel ʼn deurslaggewende rol om te verseker dat ons kan voortgaan om ʼn veilige en koesterende omgewing te bied vir die kinders onder ons sorg. Deur tot ons saak by te dra, maak jy ʼn betekenisvolle verskil in die lewens van hierdie kinders en help jy ons om kop bo water te hou in uitdagende tye.
Onthou, jou vrygewigheid hou voordele vir die kinderhuis en vir jou beursie in. Wanneer jy ʼn skenking maak, kom jy in aanmerking om ʼn artikel 18A-belastingsertifikaat aan te vra, wat belastingvoordele vir jou of jou besigheid inhou. Dit beteken dat, afgesien van die bevrediging om aan die gemeenskap terug te gee, kan jou skenking 'n positiewe impak op jou belastingverpligtinge hê.
Dankie vir u volgehoue ondersteuning en vrygewigheid. Saam kan ons 'n blywende impak op die lewens van hierdie kinders maak en 'n beter toekoms vir hulle skep.