Projekvermaak: Tyd om ons ontspanningskamer op te gradeer!


2024 was ʼn besige jaar vir almal, en by AKKN het ons talle uitdagings, suksesse en onvergeetlike oomblikke ervaar. Ons wil hierdie ongelooflike jaar graag afsluit met ʼn hoogtepuntprojek, en daarom het ons “Projek Vermaak” gekies. Met hierdie projek wil ons die items op ons wenslys gebruik om die ontspanningsaal by die kinderhuis vir vermaak vir die kinders in te rig. Desember is amper hier, en dit is hulle tyd om te ontspan!

Ons wil graag die volgende vir ons kinders moontlik maak:

– Opgradering van die minigholfbaan
– Tafeltennis
– Potspeltafel (pool table)
– Luidspreker vir musiek
– Videopeletjiesarkades (game arcades)
– Skaakbord
– Opgradering van die hindernisbaan en staproete op die terrein
Ons nooi ons vriende uit om deel te wees van hierdie projek en te help om die wenslys van die kinderhuis te verwesenlik.

Ons inspirasie vir Kersfees kom van twee bekende persone. Kathy Calvin, eertydse president en hoof- uitvoerende beampte van die Verenigde Nasies-stigting, het gesê: “Giving is not about making a donation, it is about making a difference.” Winston Churchill het die sin van die lewe só beskryf: “We make a living by what we get, but we make a life by what we give.” Mag hierdie woorde deel van ons Kersseisoen word: Kom ons maak ons harte oop om die lewens van die Abraham Kriel-kinders te verryk!

Om betrokke te raak, skakel vir Marlene by [email protected].

Ondersteun Ons