
Ons hou 'n verjaardagpartytjie vir 170 Abraham Kriel-kinders.
ʼn Verjaarsdag is een van daardie dae waarna elke kindjie uitsien. Ongelukkig is ʼn dag wat veronderstel is om gevul te wees met lag en liefde vir die Abraham Kriel-kinders maar net nóg ʼn gewone dag.
Hierdie jaar wil ons elke kind spesiaal laat voel deur vir hulle 'n behoorlike verjaardagpartytjie te hou!
Op Saterdag, 1 Maart, vier ons die verjaarsdag van ons kinderhuis se stigter, ds. Abraham Kriel. Op hierdie dag sal ons elkeen van die 170 kinders in ons sorg trakteer op 'n grootse, gedeelde verjaardagviering!
Ons gaan die dag vul met kleurvolle ballonne en konfetti, koek en kolwyntjies geniet, kerse uitblaas, partytjiepakkies uitdeel en vir elke kind 'n verjaardaggeskenk gee!
As gevolg van ons beperkte regeringsbefondsing het ons egter u hulp nodig om hierdie partytjie 'n werklikheid te maak.
As jy wil help verseker dat elke kind 'n verjaardagkers kan uitblaas, kan jy 'n eenmalige skenking aan Abraham Kriel Kinderhuis Nylstroom maak.
Jy kan jou bydrae direk in die kinderhuis se bankrekening deponeer:
Bankbesonderhede:
Begunstigde: Abraham Kriel Nylstroom Fund
Bank: ABSA
Tak: Modimolle
Takkode: 632005
Rekeningnommer: 4113 3977 88
Verwysing: Hooray en jou selfoonnommer
Jy kan ook die woord “Hooray” na 39236 SMS om R15 tot ’n Abraham Kriel-kind se verjaardaggeskenk by te dra.
