2026 – ’n jaar van genade, vrede en hernieude hoop


Met die aanbreek van 2026 staan ons by Abraham Kriel Kinderhuis Nylstroom met dankbaarheid en vol verwagting. ʼn Nuwe jaar bring altyd nuwe ritmes: skooldae, roetines, groei en drome wat weer begin vorm aanneem. Dit bring ongelukkig ook uitdagings – dié tipe wat soms onverwags oor ʼn kind se pad kom. Maar ons stap hierdie jaar in met ʼn vaste wete dat ons kinders nie alleen staan nie. Elke uitdaging word met liefde aangepak en met die sekerheid van God se genade wat ons dra wanneer dinge moeilik raak.

Ons sien uit na ʼn jaar vol hoop en belofte. ʼn Jaar waarin ons 170 kinders kan droom, lag en floreer. Nie omdat die pad altyd maklik is nie, maar omdat daar mense is wat aanhou gee, aanhou bid, aanhou dra. Jou getroue ondersteuning bly die rede waarom Abraham Kriel-kinders nie net oorleef nie, maar werklik vooruitgaan.

Dankie dat jy deel is van ons kinderhuis se standvastige bron van hoop. Dankie vir elke bydrae, elke gebed, elke boodskap van ondersteuning en elke daad van omgee wat help bou aan ʼn veiliger toekoms.

Ons almal by Abraham Kriel Kinderhuis Nylstroom wens jou ʼn geseënde jaar toe. Mag 2026 vir jou oorloop van genade, vrede en nuwe hoop.

Klik hier om ons uitvoerende hoof se nuwejaarsboodskap te kyk.

Ondersteun Ons