Chris en Cassey het hul Matriek-eindeksamens suksesvol voltooi


Ons is verheug om die wonderlike nuus te deel dat beide van ons 2025 Matriekleerders, Chris Richter en Cassey Stehouwer, hul finale eksamens suksesvol voltooi het.

Hierdie prestasie getuig van hulle werksetiek, dissipline en deursettingsvermoë. Hulle het elke uitdaging met vasberadenheid aangepak.

Ons wil ook erkenning gee aan al die toegewyde personeel en maatskaplike werkers van die Abraham Kriel Kinderhuis Nylstroom wat deel was van Chris en Cassey se pad na genesing. Hulle ondersteuning het ʼn onmiskenbare rol gespeel in hierdie uitkoms.

2026 lyk vir elkeen baie belowend. ʼn Nuwe hoofstuk wag op Cassey by Akademia in Pretoria waar sy goedgekeur is om ʼn hoër sertifikaat in Arbeidsreg te voltooi. Chris se toekomspad lei hom na Bo-Karoo Opleiding in Orania waar hy homself as elektrisiën wil kwalifiseer.

Laastens wil ons graag vir jou dankie sê. Dit is danksy jou finansiële steun dat ons vir Chris en Cassey, asook die ander 168 kinders in ons sorg, fisiek en emosioneel kan help genees. Jou volgehoue steun aan die Abraham Kriel Kinderhuis Nylstroom sal ook die klas van 2026 se drome vlerke gee.

Ondersteun Ons