Kinderhuis vereer sy Hoopdraers tydens skenkersfunksie


Abraham Kriel Kinderhuis Nylstroom het op 21 Oktober 2026 sy jaarlikse skenkersfunksie aangebied waartydens verskeie skenkers en instansies vir hul bydraes tot die versorging van die kinderhuis se 170 kinders vereer is. Sanlam was die hoofborg van die geleentheid.

Die funksie wat deur die kinderhuis se bemarker, Marlene de Villiers, gereël is, het gaste die geleentheid gebied om gesellig saam te kuier en terug te kyk op die verskil wat hul ondersteuning deur die jaar in die kinders se lewens gemaak het.

“Ons skenkers is soveel meer as net finansiële ondersteuners. Hulle bring hoop vir ons kinders,” sê Marlene.

Bennie Coetzee van Sanlam het die gaste toegespreek, terwyl die bekende motiveringspreker en kommunikasiespesialis, GP van Oudtshoorn, die gaste met sy humoristiese aanslag behoorlik laat lag het.

Die hoogtepunt van die aand was die oorhandiging van die Hoopdraer-toekennings. Onder die ontvangers was ds. Wolhuter, voorsitter van die kinderhuis se bestuursraad, wat ʼn eretoekenning vir sy jarelange diens en leierskap ontvang het.

“Agter elke bydrae is daar ʼn kind wie se lewe aangeraak word en vir wie nuwe hoop gebring word,” sluit Marlene af.

Ondersteun Ons