Van kroontjie tot toontjie


Jy kan help dat ons kinders elke dag vol selfvertroue deurbring.

#Van kroontjie tot toontjie

Vul asseblief die onderstaande vorm in om 'n bydrae te lewer sodat ons kinders die dag met selfvertroue kan deurbring.






    Ons kinderhuis het 'n dringende tekort aan babadoeke, toilet- en sanitêre ware. Hier is 'n lys van items wat ons desperaat nodig het vir ons seepstoor:

    • Lyfseep
    • Lyfroom
    • Sjampoe en opknapper
    • Aanroldeodorant
    • Tandepasta
    • Sanitêre doekies vir meisies
    • Babadoeke, nrs. 5 en 6
    • Vaseline
    • Weggooiskeermesse

    Skenkings van produkte kan direk by die kinderhuis afgelewer word: 12 De Beer Street, Modimolle, 0510.

    Geldelike donasies om ons seepstoor weer vol te kry kan via BackaBuddy gemaak word, of direk in die Abraham Kriel Kinderhuis Nylstroom se bankrekening inbetaal word.

    Bankbesonderhede:
    Abraham Kriel Nylstroom Fonds
    Bank: ABSA
    Tak: Modimolle
    Takkode: 632005
    Rekeningnommer: 4113 3977 88
    Verwysing: Jou selnommer of e-posadres

    Met jou hulp en ondersteuning kan ons verseker dat ons kinders van kroontjie tot toontjie blink!

    Van kroontjie tot toontjie

    Hanno word vanjaar tien jaar oud,
    wild is hy steeds en soms ook stout...
    Kattekwaad en poetse bak, dít doen hy graag:
    Hy’s nooit te bang om kanse te waag!

    Badtyd vir Hanno gaan klopdisselboom,
    en stink voete is gelukkig net 'n slegte droom.
    Nou kan hy nie meer skoon genoeg bly nie,
    uit die bad kan mens hom amper nie kry nie!

    “Elke derde aand ʼn nuwe koekie seep?”
    “Hoe is dit moontlik?” wil tannie Gerda weet.
    “Waarom soveel seep en die lekker gelag?”
    Stoute Hanno het 'n ogie op die skoner geslag…
    As 'n seunkind lekker ruik, help ʼn meisiekind gou
    met sy huiswerk en take: Hanno lag in sy mou!

    Elke dag skrop Hanno met die lekkerruikseep
    en gou sit die kinderhuis met ʼn probleem opgeskeep.
    Slim Lisa gaan toe mooi met Hanno praat:
    “Jy moet ook vir ons seep los, ou maat!”

    “Almal moet met selfvertroue die dag deurbring,
    en persoonlike higiëne is waar dit begin!”
    Hanno dink diep oor wat Lisa vir hom sê,
    en besef sy maatjies moet ook ʼn goeie dag hê.

    Ons seepstoor se rakke is met jou hulp weer vol,
    die kinders kan sorgeloos hardloop en jol!
    ‘’Duisend maal dankie!’’ sê ons vir jou,
    “Jy help die fondasie van hoop en 'n toekoms bou.”

    Now our soap shelves are stocked once more,
    and kids can laugh, run, and explore!
    “A heartfelt thanks!” we say to you,
    “You help build hope and futures too!”

    Ondersteun Ons