Hou ons kinderhuis se pot aan die kook


Ons koskaste, yskaste en seepstoor is amper leeg. Jou ondersteuning sal ons in staat stel om aan te hou om vir ons kinders te sorg.
BankbesonderhedeAbraham Kriel Nylstroom Fonds Bank: ABSA Tak: Modimolle Takkode: 632005Rekeningnommer: 4113 3977 88 Verwysing: Selnommer en koskaste
BankbesonderhedeAbraham Kriel Nylstroom FondsBank: ABSATak: ModimolleTakkode: 632005Rekeningnommer: 4113 3977 88Reference: Mobile number and food

#Hou ons kindershuis se pot aan die kook

Vul die onderstaande vorm in om te verhoed dat ons koskaste leegloop.






    ʼn Kind behoort nie bekommerd te wees oor die basiese dinge nie.

    Nie oor of daar môre melk gaan wees nie.

    Nie oor of daar seep in die badkamer gaan wees nie.

    Nie oor of daar genoeg kos vir almal gaan wees nie.

    Tog is dit juis hierdie eenvoudige dinge wat tans vir ons by Abraham Kriel Kinderhuis Nylstroom ʼn groot uitdaging geword het.

    Die voorraad in ons koskaste en yskaste raak min, en ons seep- en higiëneprodukte is ook besig om op te raak. Daarom vra ons jou hulp sodat die kinders in ons sorg steeds die daaglikse noodsaaklikhede het om gesond, skoon en versorg te wees.

    Ons benodig dringend hulp om ons voorraad aan te vul met kos, higiëneprodukte en ander basiese benodigdhede.

    Jy kan ons op een van drie maniere help:

    1. Skenk produkte:
        Koskaste en yskaste

      • Enige vleis, byvoorbeeld vark-, hoender-, bees- of wildsvleis, asook vis
      • Niebederfbare kos, soos blikkieskos, rys, pasta, koekmeel en soortgelyke produkte
        Higiëneprodukte

      • Badseep, verkieslik nie vloeibare seep nie
      • Tandepasta
      • Waslappies
      • Aanroldeodorant vir seuns en dogters
      • Babaseep
      • Vaseline
      • Lyfroom
    2. Skenk direk via BackaBuddy.
    3. Jy kan jou donasie direk in ons bankrekening inbetaal. Dit stel ons in staat om sélf ons koskaste en yskaste vol te maak, en ons higiëneprodukte aan te vul.

    Bankbesonderhede:
    Abraham Kriel Nylstroom Fonds
    Bank: ABSA
    Tak: Modimolle
    Takkode: 632005
    Rekeningnommer: 4113 3977 88
    Verwysing: Selnommer of e-posadres

    Jou selfoonnommer as betalingsverwysing help ons om skenkings korrek na te spoor en kommunikasie verantwoordelik te bestuur, sodat ons jou nie onnodig kontak nie.

    Jou donasie aan die Abraham Kriel Kinderhuis Nylstroom hou die pot aan die kook, die rakke vol en ons 170 kinders goed versorg.

    Ondersteun Ons