Spiekeries en skoolgereed


Elke skenking help ʼn kinderhuiskind om die skooljaar spiekeries in te gaan.

#Spiekeries en skoolgereed

Voltooi asseblief die onderstaande vorm om 'n bydrae te lewer en ons kinders te help om die skooljaar spiekeries in te gaan.






    Die 2026-skooljaar is hier!

    Vir die 170 kinders by die Abraham Kriel Kinderhuis Nylstroom beteken dit weer vroeg opstaan, skoolklokke, huiswerk en groot drome.

    Maar vir meerderheid beteken dit ook onsekerheid:

    "Pas my skoene nog?"

    “Is hierdie hemp nie ’n bietjie styf nie?”

    "Gaan die maats van my hou?"

    "Het ek alles wat ek nodig het?"

    Ons kinders wil nie anders wees nie… Hulle wil net inpas en tuishoort. Hulle wil net deel van die groep wees en, soos elke ander kind, met trots en selfvertroue skool toe gaan.

    Ons doelwit is dat elke Abraham Kriel-kind spiekeries die nuwe skooljaar ingaan – netjies, toegerus en vol moed.

    Om dit reg te kry, het ons 'n behoefte aan:

    • Skoolklere
    • Skoolskoene
    • Skryfbehoeftes
    • Skooltasse
    • Kosblikke
    • Waterbottels

    Jy kan ons op een van die volgende maniere bystaan:

    1. Produkte en items kan afgelewer word by De Beerstraat 12, Modimolle, 0510.
    2. Jy kan jou donasie direk in ons bankrekening inbetaal. Dit sal ons in staat stel om sélf hierdie skoolbehoeftes aan te koop.

    Bankbesonderhede:
    Abraham Kriel Nylstroom Fonds
    Bank: ABSA
    Tak: Modimolle
    Takkode: 632005
    Rekeningnommer: 4113 3977 88
    Verwysing: Spiekeries en jou selnommer

    Die selfoonnommer as betalingsverwysing help met naspeurbaarheid en verseker verantwoordelike kommunikasie- en databestuur, sodat ons jou kan bedank vir jou donasie.

    Spiekeries en skoolgereed

    Die skooljaar skop vir Jannie met ʼn groot skok af...
    Sy grootste vrees is dat sy maats vir hom gaan lag.
    Kaalvoetloop vir groot kinders is nou verby;
    op die vooraand volg ʼn groot geskarrel om nuwe skoolskoene te kry.

    Sien, die ding met seuns is: hulle groei mos sommer oornag.
    Gister nog dra Jannie ʼn nommer ses, en nou is dit ʼn nommer ag!
    Om sy voete in klein skoene te forseer – wel dit gaan nie gebeur.
    Hoe moet ʼn seun met opgekrulde tone konsentreer?

    Dalk is ʼn aansithoes genoeg om hom by die kinderhuis te hou;
    dan kan tannie Gerda ʼn nuwe paar skoolskoene gaan koop, sommer gou.
    Maar hier is ʼn begroting wat moet klop,
    en daai paar nommer agts gaan die somme laat flop.

    Hoe dan nou gemaak met die grootpootdilemma waarin Jannie homself bevind?
    Dalk druk hy op die knoppie van ʼn ander kind?
    Om ʼn baksteen op sy kop te sit sal sy voete se groei nie keer;
    miskien vra hy vir ʼn vriend – dit kan hy probeer!

    'n Paar rand is al wat dit jou uit die sak gaan jaag
    vir Jannie om met blik gepoetste nommer agts by die skool op te daag.
    Om met selfvertroue en ywer die nuwe skooljaar te betree
    sodat hy spiekeries en trots op sy eerste dag net sy bes kan gee.

    As alternatief kan jy 'n onmiddellike skenking maak via BackaBuddy of SnapScan.

    Elke skenking help ʼn kinderhuiskind om die skooljaar spiekeries in te gaan.

    BackaBuddySnapScan
    Ondersteun Ons