Kleuterswembad in wording


Die vraag na die plasing van babas in die kinderhuis het in 2019 groter geword en ons moes een van ons huise in ’n babahuis omskep. Die swembad is egter nie geskik vir babas en kleuters nie en die behoefte vir ’n swembad vir kleuters het groter geword. Danksy ’n donateur, Bert Keyser, kon ons begin om die kleuterswembad te bou. Ons kleuters sien met groot verwagting uit na die voltooiing van die projek.