Dankie, Lottoland!

Op 14 en 15 September 2021 het die KYKNET-program, Dankie Lottoland, die Abraham Kriel Kinderhuis Nylstroom besoek en my droom om ʼn koffiewinkel te open, bewaarheid. Die koffiewinkel wat ek ongeveer twee jaar gelede vanuit die saal op Sondagoggende bedryf het, word tans uitgebrei. Ons is ook besig om die bestaande lapa ʼn bietjie te verander om geskik te wees vir die koffiewinkel. Alles behoort teen 26 November afgehandel te wees, want dan beplan ek om die koffiewinkel amptelik te open. Die koffiewinkel gaan dan elke naweek vir die hele naweek oop wees, sodat ons fondse kan genereer. Ons het ook ʼn bakprojek waar die kinders leer om koekies te bak. Dit gaan voortaan in die kombuis van die koffiewinkel plaasvind.

Ondersteun Ons