Voormalige inwoner is Star Status-finalis


Maryka Oosthuizen, 'n voormalige inwoner van die weeshuis, is as 'n finalis vir die Star Status Seisoen 4-kompetisie gekies. As een van haar projekte moes sy 'n fondsinsameling vir 'n liefdadigheidsorganisasie reël, en het sonder twyfel haar kinderhuis, die Abraham Kriel Kinderhuis Nylstroom, gekies. Sy het besluit op 'n skoonheidskompetisie wat suksesvol in Pretoria gehou is. 'n Tjek van
R7 043,26 is aan ons oorhandig waarvoor ons baie dankbaar is. Dit laat ons harte vinniger klop om te sien hoe een van ons voormalige inwoners soveel terugploeg in die weeshuis.

Ondersteun Ons