Voormalige inwoner is Star Status-finalis


Maryka Oosthuizen, ʼn oud-inwoner van die kinderhuis, is gekies as finalis vir die Sterstatus-seisoen 4 se kompetisie. As een van haar projekte moes sy ʼn fondsinsameling vir ʼn liefdadigheidsorganisasie organiseer, en het sonder enige twyfel haar kindertuiste, die Abraham Kriel Kinderhuis Nylstroom, gekies. Sy het besluit op ʼn skoonheidskompetisie wat suksesvol in Pretoria gehou is. ʼn Tjek van R7 043,26 is aan ons oorhandig waarvoor ons baie dankbaar is. Dit laat ons harte warm klop om te sien dat een van ons oud-inwoners soveel terugploeg in die kinderhuis.