
Kersfees by AKK Nylstroom
Op 3 Desember 2022 het ons jaarlikse Lumen-skouspel weereens afgeskop. ’n Optogorkes met musiek en ’n Skot met sy doedelsak het die verrigtinge vir ons geopen. Met duisende liggies, kosstalletjies, die gewilde Abraham Koffiehuis, 'n laservertoning, en vermaak van verskeie kunstenaars, was ons Liggiefees weer 'n groot sukses. Gys Pitzer Motors het behoorlike bemarking vir die Lumen-skouspel verskaf deur 'n voertuig voor en tydens die Ligtefees te borg.
Ongelukkig bring Kersfees nie vakansie, vrede en vreugde vir alle kinders nie. Die kinders by Abraham Kriel Kinderhuis Nylstroom is uit hul ouers se sorg verwyder weens verwaarlosing en/of mishandeling. Baie dankie aan elke skenker, maatskappy en individu wat hierdie Kersfees vir ons kinders spesiaal gemaak het.
