ARC skenk aan kinderhuis
Daar was groot vreugde by die Abraham Kriel Kinderhuis toe ons ʼn ruim skenking van kruideniers- en toiletware van die landbounavorsingsraad, oftewel die Agricultural Research Council, ARC, ontvang het. Hierdie skenking help ons geweldig aangesien ons in die behoeftes van 170 kinders in ons sorg moet voorsien.
Met die staatsubsidie wat slegs 25% van ons uitgawes dek, boonop nie tred hou met inflasie nie, en gegewe die stygende koste van voedsel, brandstof, skool en tolgeld, het dit ʼn groot uitdaging geword om te verseker dat ons in ons kinders se basiese behoeftes voorsien.
Ons versorg 170 getraumatiseerde kinders, en hierdie syfer wissel na gelang van opnames. Die koste per kind beloop R12 640,00, en ons is verantwoordelik vir die insameling van ʼn addisionele R8 140,00 per kind per maand. Dit beloop ʼn verstommende jaarlikse totaal van R16 605 600,00. Om hierdie rede het ons skenkerhulp dringend nodig, en stel ons die volgehoue ondersteuning van skenkers soos die landbounavorsingsraad hoog op prys. Julle deurlopende ondersteuning word opreg waardeer en bly noodsaaklik vir ons missie.