‘n Fees vir die Familie by AKK!


Op 15 Junie het ons die tweede AKK-fees gevier. Gazebo's word vroegoggend opgeslaan terwyl die yswinde aan jasse pluk. Klanksisteme word getoets en krag word nagegaan. Die terrein begin stadig lewe kry soos meer en meer stalletjies opgerig word.

Ons word aangenaam met musiek vermaak, en saam met kinderlaggies en mense wat gesels, vul ʼn mengelmoes van klank die oggendlug. Tussen die stalletjies raak jy bewus van die heerlike geure van boereworsbroodjies, pap en kaiings, koffie en mini-donuts; om net ʼn paar van die lekkernye op te noem.

Die warm atmosfeer verdryf die winterkoue. Later groet almal mekaar met die belofte: “Ons kom weer”.