
Abraham Kriel Kinders Opgewonde om die See te Sien!
Die son en see wag op die Abraham Kriel-kinders, alles te danke aan die goedhartigheid van ons vriende. Hierdie jaar het ʼn vrygewige weldoener, saam met die Amy Bell Liefdadigheidstigting en die Professionele Jagtersvereniging van Suid-Afrika (PHASA), ons komende vakansie moontlik gemaak. Vyftig kinders sal ʼn besoek van agt dae in Gqeberha (voorheen Port Elizabeth) geniet.
“Dit is ʼn baie belangrike ervaring, aangesien hierdie kinders nie gesinne of familie het by wie hulle in die vakansieseisoen kan gaan bly nie,” sê Gerda van der Merwe, HUB van Abraham Kriel Kinderhuis Nylstroom. “Hierdie vakansie bied nie net ʼn geleentheid om te ontspan nie, maar ook om liefde en sorg te ervaar. Dit leer hulle dat hulle dit waardig is om goeie ervarings te hê en dat hulle verdien dat daar tyd en geld aan hulle bestee word.”
Die kinders sal die water- en trampolienparke besoek en gaan fliek by die rolprentteater. Daar sal ook baie speletjies saam gespeel word, om nie te praat van al die herinneringe wat op die strand gemaak gaan word nie! “Om in die see te gaan swem is die hoogtepunt van die kinders se vakansie,” sê Van der Merwe.
This is the third year in a row in which Abraham Kriel’s friends have made the holiday possible. While food, accommodation and entertainment have all been provided, we invite our friends to donate money for snacks on the road. Let’s join hand to make childhood memories that will replay for decades to come!
