Ons kinders betree die nuwe jaar met nuwe skoolskoene


Met groot waardering en opgewondenheid deel ons dat ons kinders by Abraham Kriel Kinderhuis Nylstroom die nuwe skooljaar met selfvertroue kon begin, danksy die skenking van skoolskoene en skryfbehoeftes.

Hierdie bydraes maak ʼn wesenlike verskil in hul lewens. Só kry hulle ʼn gelyke kans in die klaskamer en kan hulle aan hul toekoms bou.

Ons sê opreg dankie aan elke skenker. Jou ondersteuning help ons om ʼn nalatenskap van geleenthede en hoop vir ons kinders te skep!