Abraham Kriel Kinders se Passiespel


Op 16 en 17 April, in aanloop tot die Paasnaweek, het die Abraham Kriel Kinderhuis Nylstroom ʼn Passiespel aangebied.

 

Al 170 van ons kinders het hierdie verhaal van liefde, opoffering en hoop op boeiendewyse uitgebeeld. Die gehoor van meer as honderd mense oor die loop van die twee vertoning,s het saam op reis gegaan deur die vertelling van Jesus se kruisiging en opstanding. Naas ons talentvolle kinders het selfs ʼn regte donkie sy verskyning gemaak.

 

Ons is trots op elkeen van ons kinders wat hard aan die produksie geoefen het en met soveel passie hul rolle vertolk het en hul talente ten toon gestel het.

Ondersteun Ons