Groot verjaarsdagviering vir ons Abraham Kriel kinders


Op Saterdag, 1 Maart, was daar behoorlik fees gevier by die Abraham Kriel Kinderhuis Nylstroom. Ons het nie net die verjaarsdag van die kinderhuis se stigter, ds. Abraham Kriel, herdenk nie, maar sommer ʼn groot gesamentlike verjaarsdagpartytjie gehou vir al 170 kinders in ons sorg. Verbeel jou net – 170 kersies op ʼn koek!

Die dag is verder ingekleur met bont ballonne en konfetti, en die kinders het gesmul aan die heerlikste koek en kolwyntjies. Elkeen het ook ʼn partytjiepakkie gekry.

Ons hartlike dank gaan aan elkeen wat geld geskenk het of ʼn bydrae gelewer het om hierdie dag moontlik en spesiaal te maak vir ons kinders. Dit was sonder twyfel ʼn dag wat hulle nog lank sal bybly.

Klik hier om te sien hoe hierdie feestelike dag verloop het.

Ondersteun Ons