
Micayla se toevlugsoord ontvlam haar droom
As 'n klein dogtertjie het Micayla Jenkins nog altyd daarvan gedroom om 'n sjef te word.
Nadat sy op 12-jarige ouderdam by die Abraham Kriel Kinderhuis in Nylstroom geplaas is, het haar droom begin vlerke kry.
Vir Micayla is kosmaak meer as net voedselvoorbereiding – dis haar manier om haar verlede agter te laat. Sy is van nature ʼn introvert en verkies die stilte van die kombuis as ʼn ruimte waar sy haar kreatiwiteit kan uitleef. Ons Abraham Koffiewinkel het vir haar ʼn toevlugsoord geword, ʼn plek waar sy waardevolle kennis oor kos en kliëntediens opgedoen het.
Micayla het nou die geleentheid om haar kinderdroom te bewaarheid. Op 19 Februarie 2025 het sy ʼn nuwe hoofstuk begin by die International Hotel School in Sandton.
Die Culinary Arts -program wat sy volg, strek oor twee jaar. Ongelukkig is ons fondse beperk en ons kort nog R121 500 om haar eerste jaar se studies te dek. Daarom doen ons ʼn beroep op ons vriende en ondersteuners vir hulp.
Elke bydrae – groot of klein – is ʼn bevestiging dat sy ʼn beter toekoms verdien.
Abraham Kriel Kinderhuis Nylstroom Fonds
Bank: ABSA
Tak: Modimolle
Takkode: 632005
Rekeningnommer: 4113 3977 88
Verwysing: Micayla en jou selfoonnommer
Die selfoonnommer as betalingsverwysing help met naspeurbaarheid en verseker verantwoordelike kommunikasie- en databestuur, sodat ons jou nie onnodig kontak nie.
Donasies om Micayla se droom te bewaarheid kan ook gemaak word via BackaBuddy.
Jou bydrae sal die sleutelbestanddeel vir Micayla se resep vir sukses wees!
