Dringende behoefte aan lugversorging in ons kinderhuisbus


Met vreugde, lag en gesels word die groot bus begroet. Almal is opgewonde want die vooruitsig van ʼn lekker seevakansie lê voor. Daar word grappe vertel, musiek gemaak en saam gesing.

Maar soos die wiele oor die langpad voortrol, op die lang pad, raak dit stiller, die gelag al minder en die asemhalings stadiger en swaarder, namate die temperatuur in die bus klim tot ʼn allemintige 42 °C. Lang gesiggies groet jou wanneer die deur oopgaan vir ʼn vinnige stop en waterdrink. Die kleintjies raak kriewelrig, en kla van hoofpyn. Ons moet keer dat hulle flou word soos die dag aanbeweeg en die tempratuur aanhou klim.

Dit was ons realiteit tydens ons Desember 2024-reis na Gqeberha. Maar dieselfde uitdaging speel daagliks af wanneer 40 warm lyfies langs mekaar sit op pad skool toe en terug, of oor naweke wanneer ons kinders lang afstande reis vir skolesport.

Ons het ʼn dringende behoefte aan lugversorging vir ons kinderhuisbus en doen ʼn beroep op ons vriende en ondersteuners om ons te help om dit te finansier.

Deur ʼn skenking aan die kindershuis te maak, help jy om die lang ure op die bus koeler en meer gemaklik te maak – wat beteken dat ons kinders op hul beste kan presteer, hetsy op die sportveld of in die klaskamer.

Abraham Kriel Kinderhuis Nylstroom Fonds

Bank: ABSA

Tak: Modimolle

Takkode: 632005

Rekeningnommer: 4113 3977 88

Verwysing: Bus en jou selfoonnommer

Gebruik asseblief jou selfoonnommer as verwysing – dit help met naspeurbaarheid en verseker verantwoordelike kommunikasie en databestuur.

Ondersteun Ons